1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - "Om te sing, is om te loop met voete van klank" - 'n blik op die metodologie van die sangpedagoog Sarie Lamprecht (3 Mei 1923 - 13 Mei 2005)

Volume 47, Issue 3
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Sarie Lamprecht het 'n uitsonderlike bydrae gelewer tot die ontwikkeling van sanguitvoering en -opleiding in Suid-Afrika. Benewens haar vormende invloed op talle soliste en vokale ensembles, verdien haar lewenslange bevordering van die Afrikaanse Kunslied ook vermelding. Nieteenstaande hierdie feite bestaan daar 'n groot leemte in die dokumentering van Lamprecht se lewe en werk. Hierdie gebrek dui op 'n ondersoek en definisie van haar benadering - des te meer omdat haar werkswyse geskoei was op 'n unieke, selfs onortodokse sangfilosofie : haar stellings was gebaseer op 'n intuïtiewe lewenservaring en 'n meedoënlose selfondersoek op pedagogiese gebied. Hierdie artikel ondersoek aspekte van Lamprecht se benadering tot sangpedagogiek en fokus op van die meer kontroversiële insigte wat sy met haar studente gedeel het. Daar word getrag om haar sienings te evalueer aan die hand van ander gesaghebbende pedagogiese benaderings, en om die oënskynlik paradoksale vraag na haar sukses in oorweging te neem. Die gevolgtrekkings wat in hierdie verband gemaak word, is gebaseer op persoonlike onderhoude met Lamprecht, asook gesprekke met verskeie van haar studente uit verskillende tydperke van haar loopbaan as onderwyser.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/47/3/EJC20044
2007-09-01
2019-12-16

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error