1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Voorwoord

Volume 47, Issue 3
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Misdaad bly wêreldwyd 'n ernstige probleem en 'n bron van kommer. Daarvan getuig die deurlopende aandag aan die samestelling van polisiemagte, die opleiding van polisiebeamptes en die instelling van allerlei maatskaplike bestrydings- en voorkomingsprogramme. In sekere wêrelddele verdiep die misdaadprobleem weens plaaslike sosiaal-maatskaplike en politieke toestande. Sulke situasies verg spesiale aandag van die betrokke owerhede en van diegene wat in die omgewing van die probleem moet (oor)leef. Die huidige situasie in Irak is 'n voorbeeld hiervan. Weens sy besondere strydgeskiedenis teen apartheid, veral sedert 1976, kan Suid-Afrika ook nog in hierdie geledere getel word. Die land en sy mense ly veral sedert 1994 onder 'n lae-profiel misdaadgolf; alles is oënskynlik normaal en rustig, maar onder die oppervlak kook dit van allerlei vorme van misdaad. 'n Mens hoef maar net 'n koerant oop te slaan om te verneem van kinders wat ontvoer, verkrag en gedood word, van dwaalkoeëls wat mense tydens 'n rooftog op 'n motorhawe of winkelsentrum dood, van gyselaarsdramas, van byna weeklikse plaasmoorde gepaard met gruwelike geweld - onder meer op bejaardes, van kindermishandeling, gesinsmoorde, verontagsaming van verkeersreëls en dies meer.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/47/3/EJC20056
2007-09-01
2019-08-23

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error