1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Woorde wat lewe : 'n Huldeblyk aan Elize Botha (19 November 1930 - 16 November 2007) : huldeblyk

Volume 48, Issue 1
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Oor die jare heen het ek by meer as een geleentheid in formele trant oor Elize Botha geskryf. Daar was onder andere die inleiding tot 'n huldigingsbundel vir haar sestigste verjaarsdag, later 'n motivering vir haar aanstelling as buitengewone professor aan die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap ook aan Unisa, en meer onlangs 'n bydrae tot die geleentheidsbundel wat Naspers by haar uittrede uit hulle Direksie uitgereik het. Daardie skryfwerk het altyd maklik verloop omdat ek - ons persoonlike vriendskap daar gelaat - soveel dimensies van haar akademiese bedrywighede beleef het. Sy was die dosent vir Middelnederlands aan die Universiteit van Pretoria vanaf my tweede jaar; ek was haar eerste doktorale student en het onder haar leiding in die Nederlandse moderne prosa gepromoveer, en vanaf 1983 tot 1995 was ons kollegas in die Letterkunde-afdeling van die Departement Afrikaans aan Unisa. Toe sy vir drie jaar by ons 'n baie aktiewe was, was ek die Hoof van die Departement. Nogtans het daardie jarelange kollegialiteit my nie voorberei op hoe moeilik dit sou word om die huldeblyk aan te pak wat ek nou versoek is om te skryf nie. Dat Elize Botha nie meer met ons is nie, is deur die siekbed en begrafnis in November 2007 meedoënloos aan haar geliefdes en vriende duidelik gemaak. Dat Elize Botha die akademikus, die leser en skrywer, die woordmens stil geword het, is 'n leemte wat kollegas telkens opnuut ervaar.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/48/1/EJC20078
2008-03-01
2019-11-22

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error