
Full text loading...
Gender and racial differences in 6 and 7 year old children with developmental coordination disorder (DCD) in learning related abilities and ADHD
Suid-Afrika het 'n diverse bevolkingsamestelling wat verteenwoordiging van verskillende rasgroepe insluit. Hierdie diversiteit word gekompliseer deur wisselende ekonomiese omstandighede wat stimulasie van jong kinders voordat hulle skool toe gaan kan beïnvloed. Koördinasieagterstande op 'n jong ouderdom word in verband gebring met leer- en aandagtekortprobleme wat met die ontwikkeling van jong kinders kan inmeng. Die doel van die studie was om te bepaal of geslags- en rasverskille ten op sigte van leerverwante vaardighede en ADHD by 6-7-jarige skoolbeginners voorkom wat met ontwikkelingskoordinasieversteurings (DCD) geïdentifiseer is. Nege-en-negentig leerders (N = 99) is ewekansig vir die studie geselekteer wat die verskillende rasgroepe proporsioneel verteenwoordig het [Wit (n = 37), Swart (n = 50) en Kleurling (n = 12)]. Die Movement Assessment Battery for Children (MABC), Aptitude Test for School Beginners Test Battery (ASB), Taylor Hyperactivity Checklist en Modified Conner's Abbreviated Teacher vraelyste is gebruik om die groep te evalueer. Die resultate het 'n nie-betekenisvolle geslagsinteraksie tussen DCD (MABC totaal < 15e persentiel) en leerverwante vaardighede aangedui (p > 0.05), alhoewel een subitem, naamlik koördinasie en die ADHD totaal wel geslagsverskille uitgewys het. 'n Variansie analise (ANOVA) opgevolg met 'n Tuckey post hoc toets het aangedui dat numeriese en verbale begripvaardighede deur ras beïnvloed word. Identifisering van motoriese ontwikkelingsagterstande en aanbieding van motoriese ontwikkelingsprogramme kan as voorkomende strategieë by voorskoolse kinders aangewend word om diè probleme te voorkom.
Article metrics loading...