1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Annerlike Afrikaans, Anton Prinsloo : boekresensie

Volume 49, Issue 2
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Wie sal weet wat 'n dollewarie is? Of 'n geldmannetjie? Van 'n mooi versorgde ouer vrou word gesê "baie kilometer op maar min enemmel af". Wat sal tog 'n krompokkel wees? Wie word kolkoppe genoem?


Diegene wat wil weet, kan gerus Anton Prinsloo se jongste publikasie gaan lees. Dit bevat 'n skat van inligting oor ons land se kontreitale. Die outeur het honderde gesegdes, woorde en sommersêgoed, gebonde aan sekere streke en groepe in ons land, bymekaargemaak, gedokumenteer en betekenisse agterhaal. Dis 'n skat van inligting, opgeneem in 'n lywige boekwerk van 536 bladsye. Dit het nie net 'n kosbare naslaanwerk geword nie, maar sommer ook 'n boeiende leesboek wat vanweë sy interessante leesstof jou sommer uit die slaap sal hou. Ek vermoed dat skrywers / digters / skeppende kunstenaars dit as 'n handige naslaanbron sal gebruik en ek sal nie verbaas wees as ons letterkunde so mettertyd met woorde uit Anton Prinsloo se kontreiwoordeboek verryk gaan word nie. Dit is origens glad nie ongewoon dat digters byvoorbeeld woordeboeke as naslaanbron / sinoniemebron gebruik nie. Nederland se beroemdste moderne digter, Lucebert, was klaarblyklik 'n ywerige leser van woordeboeke. Uit sy poësie het dit duidelik geblyk dat hy die vreemdste bestaande woorde benut en uit woordeboeke geput het as inspirasiebron.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/49/2/EJC20129
2009-06-01
2019-08-18

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error