1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Moraliteit as deel van Afrikanerwaardes

Volume 49, Issue 2
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Wat is moraliteit? beskryf dit as: "Wat betrekking het op die gevoel vir wat goed en reg is : sedelik." Sedelik word weer verder gedefinieer as: "Ooreenkomstig die goeie sedes : deugsaam."


Vanuit verskeie geesteswetenskaplike artikels blyk dit dat die sosiale groep se moraliteit by tye deur óf God, óf die kerk, óf die staat, óf die stam óf anders deur al vier hierdie partye gesamentlik bepaal word. Skynbaar bepaal die sekulêre samelewing met sy postmodernistiese perspektiewe deesdae se samelewings se moraliteit. Verskillende sosiale groepe het met ander woorde om verskillende redes verskillende waarde-oordele op verskillende tye.
Die postapartheid Suid-Afrika met sy liberale grondwet en groter toeganklikheid tot die globale wêreld help ongetwyfeld dat die hedendaagse Afrikaner meer vrydenkend raak ten opsigte van moraliteit en waarde-oordele. Jong Afrikaners begin toenemend tuis voel in die geglobaliseerde samelewing waar die postmodernistiese lewens- en wêreldbeskouings aan die orde van die dag is. Daar kan dus tereg vermeld word dat die blanke Afrikaner inderdaad besig is om sy eng konserwatiewe Christelike waardes en norme te ontgroei. Die vraag wat in hierdie artikel onder andere gevra word, is: In welke mate het ons Afrikaners se morele waardes sedert 1994, met die aanbreek van die post-apartheid era, verander?


What is morality? The describes it as : "That which relates to the sense of what is good and right (moral)". "Moral" is further defined as: "According to good mores : virtuous."
The question that arises is : Who or what decides what is good and right, or what is virtuous? For example, there is a Khoi-San saying that goes : "Good is when I steal other people's wives and cattle ; bad is when they steal mine" (Stewart 2004 : 184).
From the point of view of a variety of human-scientific articles, it seems that the social group's morality is dictated at times by God, the church, the government and/or the ethnic group - and now, it seems, by the secular community, with its post-modernistic perspectives. It also seems that perceptions regarding morality and virtuousness are relative in nature, because different social groups have different value-orientations at various times.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/49/2/EJC20140
2009-06-01
2019-08-21

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error