1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - "En hy is Willem en ek is Dot"
Vrypas, Dot Serfontein : boekresensie

Volume 49, Issue 4
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

In die nota voorin , Dot Serfontein (1925-) se onlangs-verskene memoires, staan onder meer die volgende : " is nie 'n herskrywing van die land se geskiedenis of politiek nie, maar my weergawe van die konteks waarbinne dit drie geslagte lank die lewe van my plattelandse boeregesin beïnvloed het". Die groot waarde van hierdie boek lê myns insiens in die perspektief wat dit bied op 'n essensiële stuk familie- en landsgeskiedenis soos eerstehands beleef deur 'n generasie waarvan daar betreklik min verteenwoordigers oor is. Grootliks chronologies, in 66 netjies afgewerkte onderafdelings wat elkeen ook alleen sou kon staan, vertel die joernalis, streeksen vervolgverhaalskrywer Dot Serfontein haar lewensverhaal waarvan sy die oorspronge gaan soek by haar voorgeslagte en natrek met verwysing na sleutelmomente nie net in haar familie se plaasbestaan nie, maar ook in die geskiedenis van Suid-Afrika vanaf die vroeë twintigste eeu tot vandag. Ons leer Serfontein ken as klein plaaskind, skooldogter, student, onderwyseres, joernalis, (Kroonstadse) skrywer, eggenote, boervrou, moeder, ook dan spesifiek "ma van ons-weet-almalwie" (p. 275). Met belangstelling lees mens wat Serfontein oor kwessies, verskynsels, gebeure, eras dink. Daar is ook plaatjies met heelwat (familie-)foto's ingesluit, sodat die leser gesigte kan koppel aan meeste van die name in die boek.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/49/4/EJC20155
2009-12-01
2019-10-20

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error