
Full text loading...
Die Anglo-Boereoorlog het 'n baie belangrike invloed op die geskiedenis van die Afrikaner gehad en is as tema ook goed verteenwoordig in die Afrikaanse literatuur vir volwassenes. Aan die ander kant het daar relatief min jeugboeke met hierdie oorlog as tema verskyn. Die moontlikhede wat dié oorlog, waaraan soveel kinders aktief deelgeneem het, aan outeurs gebied het, is nie in die Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur ontgin nie. Die vlaag nuwe boeke vir volwassenes wat met die honderdjarige herdenking van die oorlog aan die einde van die eeu in Afrikaans verskyn het, het nie in die kinder- en jeugliteratuur gemanifesteer nie. Géén nuwe Afrikaanse kinder- en jeugboeke met hierdie oorlog as tema het na 1990 verskyn nie. Afrikaanse kinders en jongmense het dus nie die voordele geniet wat sulke boeke dikwels vir volwassenes gehad het nie, naamlik waarheid, versoening en die herskepping van die individuele en die kollektiewe.
Women authors of youth fiction on the Anglo-Boer War: realism and reconciliation after decades of adventure and nationalism
Article metrics loading...