1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Dramakroniek 2008-9 s

Volume 50 Number 3
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die vraag of formeel gepubliseerde dramatekste, dit wil sê dramatekste wat in papierformaat by uitgewerye verskyn het, 'n getroue voorstelling van die stand van die Afrikaanse drama en teater in 2008 en 2009 bied. In die bespreking word aangedui dat die korpus Afrikaanse dramatekste in dié twee jaar, soos in vorige jare, verbreed het indien die betekenis van die konsep publiseer uitgebrei word. In die artikel word dié konsep geïnterpreteer om ook die beskikbaarstelling van dramas wat nie net in papierformaat by uitgewerye verskyn het nie, maar in enige ander vorm in die openbare domein beskikbaar gestel is, in te sluit. Teen die agtergrond van dié interpretasie sluit die artikel gevolglik verwysings na dramas in wat in 2008-9 in papierformaat uitgegee is, asook dramaopvoerings tydens kunstefeeste, radiodramauitsendings, die plasing van dramas op internet en dramatekste wat in reaksie op skryfkompetisies voorgelê is. Die bespreking kom tot die gevolgtrekking dat, soos in 1989, toe die indaba met die titel plaasgevind het, verskeie gevaarligte vir die Afrikaanse drama in 2008 en 2009 geflikker het. Nogtans is tekste deur gevestigde dramaturge, soos Deon Opperman (, 2008) en Reza de Wet (, 2009), en 'n opkomende dramaturg, naamlik Adriaan Meyer met (2009), steeds gepubliseer. Met Opperman, De Wet en Meyer se dramas as vertrekpunte blyk daar wel ooreenkomste tussen sommige formeel gepubliseerde dramas en dramas in nder gepubliseerde kategorieë te wees, onder andere die verskynsel van globalisering, die voorstelling van kunstenaars en hul kunstenaarskap, en die beperkte voorkoms van .


This article investigates the question whether formally published plays, i.e. plays published in paper format, present a reliable picture of the state of Afrikaans drama and theatre in 2008 and 2009. Continuing a trend from previous years, the article shows that the number of unpublished plays contributed considerably to the expansion of Afrikaans drama and theatre in 2008 and 2009. The discussion departs from the idea that published plays may include plays that are not presented in paper format. As applied in the article, the notion of published plays, therefore, include plays published in paper format, as well as performances at arts festivals, radio broadcasts, the publication of plays on internet, and plays submitted to drama competitions. Despite an expansion in the number of published Afrikaans plays similar to previous years, the article concludes that one can discern a number of threats to Afrikaans drama. Examples include discouraging attendances of stage performances of plays at arts festivals in general, the financial consequences of the down-turn in the global and South African economy that adversely influence patrons' ability to attend festivals, and publishers favouring play scripts that could potentially be prescribed for the school market.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/50/3/EJC20199
2010-09-01
2019-08-18

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error