1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Reminiscences, William Chapman : boekbespreking

Volume 51, Issue 2
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

William Chapman (1858-1932) was 'n handelaar en jagter wat in Kaapstad gebore is, maar reeds op sestienjarige leeftyd vertrek het na Damaraland (tans deel van Namibië) en in 1881 na Angola gereis het waar hy ingeskakel het by die Boeregemeenskap wat by Humpata gevestig was. Hy is met 'n Dorslandtrekker se dogter, Hester Opperman, getroud en na haar vroeë dood met nog 'n lid van die Afrikanergemeenskap in Angola, Maria Magdalena van der Walt. In Suid-Afrika en Namibië leef tans baie van hul nasate. Chapman is deur die Angolaboere as feitlik een van hulle gesien en het 'n leiersfiguur onder hulle geword. Hy was dan ook betrokke by hul repatriasie na die destydse Suidwes-Afrika in 1928. Hoewel Chapman deur een van sy grootouers van Afrikaanse afkoms was, is twee ander grootouers in Engeland en die vierde een in Ierland gebore en het hy homself as 'n Brit beskou. Op sy grafsteen in die begraafplaas van Gobabis word aangedui dat hy "a staunch Britisher" was (p. 12). Chapman het 'n goeie opvoeding gehad en selfs in Angola gereeld tydskrifte uit Europa ontvang. In sy herinneringsgeskrif is hy nie sonder kritiek op die leefwyse van die Angolaboere nie en betreur dit onder meer dat sommige van hulle nie veel waarde aan onderwys vir hul kinders geheg het nie (p. 350).

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/51/2/EJC20222
2011-06-01
2019-08-25

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error