1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Portugal's war in Angola 1961 - 1974, W.S. van der Waals : boekresensie

Volume 51, Issue 3
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Die outeur van , brig.-genl. W.S. (Kaas) van der Waals, is uitnemend toegerus om hierdie boek te kon geskryf het. As vise-konsul in die Suid-Afrikaanse konsulaat in Angola van April 1970 tot Desember 1973 het hy dié land se potensiaal, maar ook probleme, intiem leer ken. Tydens die burgeroorlog het hy in 1975 as militêre adviseur vir Jonas Savimbi se UNITA-magte opgetree. Bowendien het hy die Portugese taal aangeleer, wat hom toegang tot literatuur in Portugees, Portugese argivale bronne en onderhoude met leidende Portugeessprekende figure gegee het. Uiteindelik het hy die amp van Direkteur van Buitelandse Sake beklee. Uit sy boek lei die leser af dat Van der Waals, moontlik terugskouend, empatie met al die rolspelers in die betrokke oorlog het, wat aan sy studie 'n groot mate van objektiwiteit gee. Die boek is op sy DPhil-proefskrif, waarvoor hy in 1990 die doktorsgraad aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat verwerf het, gebaseer. Dít waarborg 'n sekere wetenskaplike ingesteldheid, feitelike korrektheid en 'n ontledende aanbieding van sy inligting.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/51/3/EJC20236
2011-09-01
2019-08-23

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error