1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - The Afrikaans of the Cape Muslims, Achmat Davids; Hein Willemse en Suleman E Dangor (Eds.) : boekbespreking

Volume 52, Issue 3
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Hierdie uiters belangrike toevoeging tot die geskiedskrywing van Afrikaans vul 'n groot leemte in die gepubliseerde kennis van sowel die geskrewe as die gesproke taalgebruik van die Moesliemgemeenskap aan die Kaap. Die outeur, Achmat Davids, wie se magisternavorsing oor hierdie onderwerp postuum uitgegee is deur die redakteurs, het hom reeds vanaf 1987 onder die studieleiding van Theo du Plessis verdiep in historiese, sosiolinguistiese en vergelykendtaalkundige aspekte van Arabies-Afrikaanse tekste. Sy verhandeling is in 1991 aan die Universiteit van Natal aanvaar, en dié wat bewus was van sy werk, het uitgesien na die verdere ontginning van 'n ryke databasis van belangrike argivale tekste. Ongelukkig het sy ontydige afsterwe in 1998 'n einde daaraan gemaak. Hierdie publikasie, as sy nalatenskap, dien dus as 'n stimulus om voort te gaan met onafgehandelde werk - 'n stimulus wat ons aan die bemiddeling van die redakteurs te danke het.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/52/3/EJC125339
2012-09-01
2020-07-12

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error