1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Democracy under stress: the global crisis and beyond, Ursula van Beek en Edmund Wnuk-Lupinksy (Eds.) : boekbespreking

Volume 52, Issue 3
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Hierdie saamgestelde werk deur 'n aantal binne- en buitelandse kundiges oor die wêreld politiek en ekonomie handel oor die finansiële "aardbewing" en die gevolglike globale ekonomiese "tsunami" oftewel Groot Resessie wat die wêreld ekonomie in September 2008 getref het. Die boek handel veral oor die newe effekte en nagevolge wat die Groot Resessie op gevestigde en nuwe demokrasieë gehad het en inderdaad nog steeds het. In feitlik al die gevestigde Westerse demokrasieë het die werkloosheidskoers tot ongekende hoogtes gestyg. In nuut gedemokratiseerde state soos Griekeland, Spanje en Portugal (al drie post 1974 gedemokratiseer) het werkloosheid onder jongmense tussen 18-30 jaar oud tot so hoog as 50% gestyg en algemene werkloosheid in hierdie state is so hoog as 25% - met name Spanje. Selfs die "ou demokrasieë" soos Frankryk en Brittanje ly onder hierdie resessie. Ten tyde van die skryf van hierdie resensie het beide state in die bykans vier jaar na die groot resessie nog nie ekonomies herstel nie. Werkloosheid is steeds in die orde van 10-12%, staatskuld hoog, besparingsmaatreëls besonder pynlik. In verskeie state in Wes Europa het regerings geval weens nuwe en streng monetêre en fiskale maatreëls wat uiters ongewild by kiesers is/was. Dink maar aan regeringswisselings in Brittanje, België, Frankryk, Italië, Spanje, Griekeland, Nederland, met steunverlies aan die Merkel-regering in Duitsland.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/52/3/EJC125340
2012-09-01
2019-10-20

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error