1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Geesteswetenskappe : vry of verkneg : navorsings- en oorsigartikel : besinning oor die geesteswetenskappe en menslike geestelikheid

Volume 52, Issue 4
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Hierdie artikel probeer aantoon in watter mate die geesteswetenskappe geannekseer word tot 'n posisie van knegskap aan ekonomistiese, managerialistiese, informasionistiese en reduksionistiese ideologieë. In die proses word hulle beroof van wat die mees eie aan hulle is en word hulle daardeur effektief verhinder om hul deurslaggewende, kennismatige, eties-transformasionele rol in die samelewing, in gemeenskappe en in institusionele kontekste (wetenskapkontekste ingesluit) te vervul. Die geesteswetenskappe word opgeroep om nie toe te gee aan die drastiese aftakeling en uiteindelike opoffering van hul mees eie taak wat aan hulle opgedwing word nie, soos onder andere deur ASSAf se konsensusdokument en die Manifes vir die Geestes- en Sosiale wetenskappe van die Departement van Hoër Onderwys bepleit nie, maar om hierdie taak (dit is hulle dwingende alternatief) doelgerig en roepingsbewus her-op-te-neem tot selfbevryding en samelewingsbevryding (wat insluit wetenskap en institusionele bevryding). So 'n strategie sal hulle in staat stel om inventief te werk aan die vyf sake wat bespreek is: omvattende geletterdheid (lees, skryf, dink), waarheid (in al die manifestasies daarvan), kennis (inligting en wetenskap), sin (en wêreld), mens (gees, die geestelike en geestelikheid), met laasgenoemde as die voorwaarde vir al die ander en waarsonder globale katastrofe die mensheid onteenseglik bedreig.


This article tries to identify the key issues that threaten the sciences of the spirit with their denigration, and eventually their catastrophic downfall. The economistic political economy of science, political policies promoting at all cost the Market economy, the informationalistic notion imposed on knowledge, and the scientistic-reductionistic rationalisation of science towards a position of research and nothing more are the main culprits. It is suggested that these different issues are in effect working in an hegemonical way towards the radical dismantling of the authenticity of the sciences of the spirit, the outcome of which will be, and which is to a great extent already the case, the degrading, annexation and enslavement of these sciences to the position of servitude and dependence, and eventually of obsolescence.
It is highly imperative for these sciences to realise the possibility of an alternative to this position of servitude, the condition of which would be that they remain free and independent. In order to achieve this alternative they have to be alert for various semblances of solutions to their crises, with the explicit pretence of salvaging their fate by cryptic, disastrous alternatives that will ensure and even unceremoniously deepen their downfall instead of redeeming their fate. It is not possible to salvage the sciences of the spirit by applying cosmetic strategies as if the relief of their crises can be effectuated by adding some kind of glamour to their appearance. Their unequivocal mission should be fully to commit themselves to a situation radically different from such cosmetic endeavours.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/52/4/EJC129913
2012-12-01
2019-08-25

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error