1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Inleiding : spesiale tema - grondberaad

Volume 52, Issue 4
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Navorsing oor vele fasette van grond in Suid-Afrika, en veral oor die uiteenlopende gevolge van regeringsbesluitneming daaroor gedurende die twintigste eeu, het gedurende die afgelope 40 jaar verskyn. 'n Tiental konferensies en debatsgeleenthede was daar ook waaraan etlike dissiplines meegedoen het. Hierdie forums het ook die belangstelling gelok van professionele amptenary vanuit onder meer die owerheids- en privaatsektor. Hierbenewens wek die historiese verloop van die grondeiseproses na 1994 noodwendig die aandag van Jan Alleman, waaronder grondeienaars: as naaste aan die ontvangkant in die afgelope jare se grondwetgewing en besluitneming oor grond. Die 21 Junie 2012-Grondberaad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Geskiedeniskommissie was 'n geleentheid vir 'n verskeidenheid van kundiges om te besin oor die tema: "Wie se grond? Op grond waarvan?" Van die artikels in hierdie spesiale afdeling is by hierdie geleentheid aangebied. Ander weer is verdere verwerkings uit onlangse of huidige publikasies en/of lopende navorsing. Ten minste drie vakkundige brille is tydens die reflekteringsproses opgesit,naamlik dié van die historici, die politici en 'n argeoloog.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/52/4/EJC129930
2012-12-01
2019-08-22

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error