1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Voorstellings van geweld in (2007) en (2011) deur dramaturg Willem Anker - : navorsings- en oorsigartikel

Volume 53, Issue 1
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Die doel met hierdie artikel is om vas te stel hoe die konseptuele metafore en in twee dramas deur Willem Anker na vore tree. Daar word in die bespreking voorgestel dat Anker se dramas onder andere onder invloed van Sarah Kane se dramas, veral (2001), staan.


In (2007) neem die voorstellings van geweld die aard aan van literêre weerwraak. Daarin eis die karakters wat die dramaturg uit romans deur Etienne Leroux oorgeneem het, dat Leroux (wat as 'n karakter in die teks teenwoordig is) hulle sal klaar skryf. Hy weier, met die gevolg dat sy eie karakters hom koelbloedig in 'n fiksionele slaghuis-op-die-verhoog om die lewe bring.
In (2011) speel die voorstellings van geweld teen die agtergrond van die bestaan van globale geweld af. Hierdie voorstellings hou met die geweld onderliggend aan 'n geslag ontheemde jong Suid-Afrikaners se buitelandse diasporiese ballingskap verband. Die hoofkarakters se verhouding bied verder 'n weerspieëling van nihilistiese geweld wat teen die agtergrond van internasionale terreur afspeel, naamlik die aanval op die Londense moltreinstelsel in 2005 en die aanval op twee toringgeboue in New York in 2001.
Uiterstes van geweld kom ook in Adriaan Meyer se drama (2009) en Marlene van Niekerk se [sj] voor. Hierdie bespreking bevestig Brink (2010) se uitspraak dat nuwe vorme van voorstelling en uiterstes van geweld tans kenmerkend van sommige tekste in die Afrikaanse drama is.


The article aims at establishing whether and how the conceptual metaphors and realise in two published plays by Willem Anker. This aim raises critical questions concerning the nature of the violence depicted in (meaning , 2007) and in (meaning , 2011). An additional critical question is whether representations of violence are unique to Anker's plays, i.e. whether representing specific forms of violence are also present in other Afrikaans plays from the decade during which plays by Anker were staged.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/53/1/EJC132693
2013-03-01
2020-07-13

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error