1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Praktyke en strategieë wat 'n kwaliteitsetos aan hoëronderwysinstellings behoort te koester : navorsings- en oorsigartikel - : navorsings- en oorsigartikel

Volume 53, Issue 1
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Hierdie artikel fokus op die laaste twee fases van 'n navorsingsprojek, wat oor dertien jaar (1998 tot 2011) en vier fases gestrek het, en kwaliteitspraktisyns van Suid-Afrikaanse, asook van internasionale hoëronderwysinstellings, betrek het. Die projek het eerstens gepoog om bydraende faktore tot 'n kwaliteitskultuur te identifiseer en tweedens om strategieë en praktyke te genereer wat 'n grondliggende kwaliteitsetos aan hoëronderwysinstellings kan koester en uiteindelik sou kon vaslê.


Fase een (1998 tot 2001) het daarna gestreef om die heersende kwaliteitskultuur van elkeen van die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit se ses fakulteite te probeer peil. Fase twee (2002 tot 2004) het gefokus op moontlike veranderinge in kwaliteitskulture en grondliggende kwaliteitsentimente van hierdie fakulteite. Fase drie van die projek (2005 tot 2008) het aanvanklik op die "nuwe" Universiteit van Johannesburg gefokus en het twee institusionele en een nasionale werkswinkel in die getransformeerde Suid-Afrikaanse hoëronderwyslandskap ingesluit. Fase vier het vyf werkswinkels, wat tussen 2008 en 2011 by internasionale hoëronderwyskongresse met gebruikmaking van die waarderende ondersoekmetode gefasiliteer is, geïnkorporeer.
Sewe bydraende faktore tot 'n institusionele kwaliteitskultuur, asook sewe praktyke of strategieë, wat 'n grondliggende kwaliteitsetos aan instellings kan koester en sou kon vaslê, verteenwoordig die projek se hoofbevindinge. Dit is merkwaardig dat die projekresultate volledig ooreenstem met die uitkomste van die kwaliteitskultuurprojek (2002 tot 2009) van die Vereniging van Europese Universiteite (European University Association (EUA)). Die hoofgevolgtrekking was dat die vaslegging van 'n kwaliteitsetos grootliks afhang van die mate waarin die institusionele kwaliteitsbenadering in sinergie is met (veral akademiese) personeel se gedeelde waardes, oortuigings en verwagtinge.


This article reflects on the last two phases of a research project, covering a period of thirteen years (1998 to 2011), conducted in four phases, and involving quality practitioners from South Africa and three other continents. The project firstly strove to identify contributors to a quality culture, and secondly to generate strategies and practices that should nurture and eventually embed an underlying quality ethos in higher education institutions.
The Higher Education Quality Committee (HEQC) was assigned national oversight of quality assurance in the South African higher education sector in 2001. The HEQC encouraged institutions to promote a culture of continuous improvement via their internal quality processes, strategies and structures. However, only limited empirical (tried and tested) information was available at that stage, in respect of exactly what such a quality culture would entail and the kind of ethos that was needed to nurture and eventually embed the former culture. This was then the main catalyst, which instigated this project.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/53/1/EJC132695
2013-03-01
2019-08-17

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error