1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Here en boere. Die kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679-1712 (2013), Karel Schoeman : boekbesprekings

Volume 53 Number 3
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Met Simon van der Stel se aankoms aan die Kaap in 1679, het die nedersetting nog net 27 jaar bestaan, maar daar was reeds 'n vinnige opeenvolging van sewe verskillende kommandeurs en goewerneurs! Die eerste moeilike jare was nou agter die rug en Van der Stel, 'n energieke en ondernemende man, se aankoms het saamgeval met 'n tydperk van toenemende welvaart en stabiliteit. Simon van der Stel sou meer as twintig jaar as kommandeur en goewerneur aan die Kaap deurbring en hierdie boek gaan oor dié tydperk, asook oor sy seun, Adriaan, wat hom opgevolg het. is die laaste aflewering van 'n vyfdelige publikasie , wat ingelei is deur Schoeman se boek (2008). In dié eerste boekdeel skryf Schoeman veral oor Nederland, maar ook oor die ander Europese lande waaruit die mense wat in diens van die VOC na die Kaap gekom het, gestam het. Om iets van die VOC-amptenare te verstaan, moet 'n mens ook kennis neem van die agtergrond waaruit hulle gekom het. Dit is belangrik, aangesien Schoeman in die boek 'n hipotese oor die ontstaan van 'n eiesoortige kultuur aan die Kaap wil bewys. Sy werksmetode by die skryf daarvan was om uiters omvattend van sekondêre en gepubliseerde primêre bronne gebruik te maak, eerder as om weer eens deur die argivale bronne te werk.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/53/3/EJC141978
2013-09-01
2019-08-18

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error