1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - 'n Klein nota oor 'n groot verskil : persentasieverandering teenoor persentasiepuntverandering - : aktueel

Volume 53 Number 3
  • ISSN : 0041-4751

Abstract


Each discipline has its own terminology that often looks like an unnecessary complication for people not trained in the discipline. However, in the economic, mathematical and statistical sciences there is a major difference between percentage change and percentage point change. This note focuses on these differences. From a statistical perspective the calculation of a percentage change is quite simple, namely the difference between two values, expressed out of 100. The differences between percentage, percentage point, per cent change and percentage point change are of crucial importance when used incorrectly in legal documents such as contracts. A case in point is the inaccurate use of this terminology in legal documents of a South African bank.

Elke vakgebied het sy eie terminologie, wat dikwels na onnodige haarklowery klink vir diegene wat nie daarin geskool is nie. In die ekonomiese, statistiese en wiskundige wetenskappe is daar 'n groot verskil tussen persentasieverandering en persentasiepuntverandering, wat dikwels nie verstaan word deur persone wat nie in hierdie betrokke dissiplines opgelei is nie. Hierdie nota fokus op hierdie verskille. Statisties is 'n persentasieverandering 'n baie eenvoudige berekening. Dit is bloot 'n vergelyking van die verskil tussen twee waardes, uitgedruk uit 100, en word met die simbool "0/" voorgestel. Die interpretasie van hierdie berekening is egter problematies as die verskil in waardes tussen twee persentasies bereken word. As 'n eksamenpunt van 60% na 66% toeneem, word dit dikwels verkeerdelik as 'n toename van 6% beskryf. Inderwaarheid is dit 'n toename van 6 persentasiepunte, maar ook 'n toename van 10%. Onderwysdepartemente is ook verkeerd wanneer hulle tipies teen jaareinde verklaar dat die matriekslaagsyfer met 5% vanaf 65% van die matrikulante tot 70% van die matrikulante toegeneem het. Die korrekte gebruik van die verskil tussen persentasieverandering en persentasiepuntverandering is van kardinale belang wanneer dit in regsdokumente soos kontrakte gebruik word. Opvoeding oor die verskille moet reeds op skoolvlak begin. Daar is nie 'n aanvaarde simbool vir persentasiepunt en persentasiepuntverandering, vergelykbaar met die simbool "0/" nie, wat impliseer dat laasgenoemde dikwels verkeerdelik gebruik word. 'n Algemeen aanvaarde simbool vir persenstasiepunt en persentasiepuntverandering as gemaklike skryfwyse moet dus ontwikkel word, en "%p" of "p%", wat afgelei is van die simbool vir persentasie, word aan die hand gedoen om 'n debat oor hierdie onderwerp te stimuleer.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/53/3/EJC141979
2013-09-01
2019-10-20

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error