1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Louis Tregardt se dagboek as 'n historiese bron : navorsings- en oorsigartikels - enkele opstelle oor die Groot Trek

Volume 53 Number 3
  • ISSN : 0041-4751

Abstract


In this article it is argued that the diary of Louis Tregardt contains a wealth of historical information. Tregardt was the only Voortrekker leader of the Great Trek era who kept a diary. It covers the period from the end of July 1836, when Tregardt and his group of Voortrekkers had already reached the Soutpansberg region in what is today the Limpopo Province of South Africa, to 1 May 1838, when his wife died less than three weeks after they had reached the Portuguese Fort at what is now Maputo in Mozambique. The diary was written in the language spoken by Tregardt and his companions: an early form of Afrikaans which was evolving from Dutch.

Hierdie artikel ontleed die dagboek van Louis Tregardt ten einde die waarde daarvan as historiese bron te bepaal. Tregardt was die enigste Voortrekkerleier wat 'n dagboek bygehou het en wel vir die tydperk van einde Julie 1836 tot die begin van Mei 1838. Hierin vermeld hy, benewens sy daaglikse aantekeninge oor die aktiwiteite waarmee hy en sy trekgenote hulle normaalweg besig gehou het, 'n magdom besonderhede wat nie geredelik in ander bronne beskikbaar is nie. Hy skryf oor sy eie lewens-en wêreldbeskouing, oor onderlinge verhoudinge binne asook tussen Voortrekkergesinne, oor rasse-vooroordele en oor gewelddadigheid. Hy skryf oor verskeie van hulle gebruike, waaronder godsdiens, opvoeding, mediese behandeling, praktyke in verband met dood en begrafnis en eet-en drinkgewoontes. Uitvoerige besonderhede word oor Tregardt en sy trekgenote se leefwêreld verskaf, insluitende oor die klimaat, fauna en flora, jag, boerderybedrywighede, veesiektes, behuising, meubels, gereedskap, kleredrag, die onderhoud van ossewaens en trekgereedskap, vervaardiging van gebruiksartikels soos seep, die uitdagings op die trekpad, waaronder roofdiere en veediewe en interaksie met inheemse gemeenskappe en met die Portugese by Delagoabaai. Laastens werp die dagboek lig op die Afrikaans wat destyds gebesig is - 'n aspek wat nie in die artikel ontleed word nie. Aangesien Tregardt se dagboek so 'n verskeidenheid fasette aan die lig bring, is die finale gevolgtrekking dat dit as een van die mees uitstaande dokumente uit die GrootTrek-tydperk beskou moet word en dat die waarde daarvan nie oorskat kan word nie.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/53/3/EJC141980
2013-09-01
2019-10-20

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error