1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - 'n Skrifmatige perspektief op die geskiedenis van die Westerse intellektuele denke : die ontstaan en kontoere van en vrae oor die konsekwent probleem-historiese metode : navorsings- en oorsigartikels

Volume 53 Number 3
  • ISSN : 0041-4751

Abstract


Following a previous article in this journal on various methods available to portray the history of scholarly thinking, especially philosophy (cf. Van der Walt 2013), this essay focuses on the consistent problem-historical method of the late professor Dirk H.Th. Vollenhoven (1892-1978) of the Free University in Amsterdam, the Netherlands. In three main sections the method's origin, contours and the reactions it evoked are discussed. The first main part reveals that Vollenhoven derived his method from two German philosophers of the Marburg School of Neo-Kantian philosophy, viz. N. Hartmann (1882-1950) and R. Höningswald (1875-1947), who developed a "Problemgeschichtliche" historiography of philosophy, focussing on philosophical problems as they developed during the 2500 years of Western thinking. Hartmann and Höningswald, because of their late rationalist, neo-Aufklärung orientation, still believed in an objective, neutral approach in scholarship. They, therefore, rejected the upcoming irrationalist tendencies with relativist implications. Since Vollenhoven was a committed Christian, embracing the ideal of an integral, Scripturally-directed philosophy, he modified the problem-historical approach of Marburg, rejecting both its rational dogmatism and the opposing irrational relativism. The implications of his unique stance was, inter alia, that he did not view (as was the case with his contemporary German fellow-philosophers) the history of philosophy as a process of gradual progress, but instead from his Christian-religious orientation distinguished between pre-Christian (pagan) Greek philosophy, synthetic, Patristic and Medieval Christian philosophy and subsequent anti-synthetic, secular philosophy. In the second main section five criteria (formulated at the end of the previous article in this journal) are applied to test the validity of Vollenhoven's methodology.

In opvolging van 'n vorige artikel in hierdie tydskrif (vgl. Van der Walt 2013), waarin verskillende vroeëre en hedendaagse metodes van intellektuele en veral wysgerige historiografie bestudeer is, word in hierdie artikel gefokus op die ontstaan en kontoere van die konsekwent probleem-historiese metode van wyle prof. Dirk H.Th. Vollenhoven (1892-1978) van die Vrije Universiteit in Amsterdam, Nederland asook die reaksies daarop. Wat, eerstens, die ontstaan van sy metode betref, blyk dat Vollenhoven dit oorgeneem het van twee Duitse laat-rasionalistiese filosowe van die Marburgse neo-Kantiaanse skool, naamlik N. Hartmann en R. Höningswald se "Problemgeschichtliche"-benadering. Hy het laasgenoemde egter volgens sy eie Christelike oortuigings aangepas, sodat sy weergawe van die 2500-jarige Westerse denkgeskiedenis ook anders daar uitgesien het. Tweedens, is die kontoere van dié metode aan die hand van vyf kriteria nagegaan. Dit bied 'n konsekwente toepassing van Vollenhoven se eie religieuse en filosofiese oriëntasie in die drie hoofvrae wat hy aan elke denker stel; dit is konsekwent histories in die indeling van die geskiedenis in drie hooftydperke; konsekwent filosofies in die onderskeiding van talle opeenvolgende sinkroniese normatiewe strominge; konsekwent probleemgerig in die tipering van basiese diakroniese ontiese, antropologiese en kenteoretiese probleme; reeds suksesvol toegepas en aangepas waar nodig. In 'n derde hoofafdeling word aangetoon dat al Vollenhoven se tydgenote en opvolgers egter nie met so 'n positiewe evaluering van die metode saamgestem het nie, omdat dit onder andere te gespesialiseerd en selektief, met die gebruikmaking van onnodige en ingewikkelde terminologie sou wees en omdat dit die klem tot so 'n mate op filosofiese konseptuele probleme laat val het dat die persoonlikhede self (wat daaraan geboorte gegee het) asook die hele Westerse kultuurgeskiedenis op die agtergrond verdwyn.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/53/3/EJC141993
2013-09-01
2019-12-16

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error