
Full text loading...
Lanklaas het 'n roman my so aangegryp, maar terselfdertyd ook so ontstel, soos hierdie een. Karretjiemense is die aangrypende storie - om David Kramer se woorde te gebruik - van "die onsigbare mense van die Karoo" (bl 27) wat Carol Campbell op die voorgrond bring. Dit gee 'n blik op die mees weerlose mense soos nog nooit tevore gedoen is nie. Karretjiemense is die verhaal van 'n brandarm Karoo-gesin wat 'n nomadiese bestaan voer. Hulle is voortdurend op reis met hul donkiekar; van plek tot plek waar Kapok (Josef Bitterbessie) 'n joppie as skaapskeerder kan kry. Sy houvrou, Muis, het drie kinders: die oudste is Fansie, 'n seun uit 'n vorige verhouding met Jan, "die enigste persoon wat nog ooit vir haar omgegee het" (28). Haar twee dogters, Witpop en Sponsie, is albei Kapok se kinders, gebore onder die karretjie op die vlaktes van die Karoo. Kapok en sy knipmes het die kinders in die wêreld help bring.
Article metrics loading...