1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Deelstad - 'n Boek oor Berlyn, Karel Schoeman : resensies

Volume 53 Number 4
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Hierdie boek is nie 'n reisgids nie, maar 'n persoonlike verslag van Karel Schoeman se besoeke aan Berlyn en omgewing, waarin ook sy omvattende bestudering van sekondêre bronne oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe beslag kry. Berlyn is om verskeie redes as onderwerp van die boek gekies: Eerstens te danke aan die inherente dinamiek van dié stad "wat bestem is om altyd te wórd maar nooit te wéés nie" (bl.124). Tweedens is Berlyn 'n entiteit met vele gesigte: "Die stad van deftige geboue en groot huise, vol standbeelde, spuitfonteine en offisiere in opsigtige uniforms, was terselfdertyd ook die stad van die kenmerkende Mietskasernen of 'huurkasernes', die groot woonblokke aangevul met sy-, dwars- en agterhuise rondom reekse aaneengeskakelde binnehowe, waar hele gesinne dikwels in een of twee donker en benoude kamertjies moes saamhok ..." (bl.152). Derdens beoordeel Schoeman Berlyn soos volg: "By diegene wat dit oor die jare beleef het, want Berlyn belééf jy eerder as wat jy dit leer ken, het die stad dikwels sterk gevoelens opgeroep, sy dit van aangetrokkenheid of afkeer. Desondanks was die algemene oordeel steeds dat dit geen uitgesproke eie persoonlikheid besit het nie, of liewer geen énkele en duidelik uitkenbare persoonlikheid nie, maar in werklikheid vele stede was en is" (bl. 356).

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/53/4/EJC146703
2013-12-01
2019-08-21

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error