1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - 'n Versetdrama oor óns taal, óns kerk en óns grond
Goree, 'n drama, Adam Small : boekbespreking

Volume 54, Issue 3
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

is 'n versetdrama, waarin Small sy eie verset teen apartheid verwoord. Dit word deur baie letterkundiges beskou as Adam Small se mees persoonlike werk. Volgens die uitgewer het die dramaturg dit self beskryf as "'n gefiksionaliseerde outobiografie". Die titel van die teks verwys na die plaas of "gehuggie" (11) buite Robertson waar Small grootgeword en sy pa vir die kinders van die "stowwerige plaaswerkers" (11) skoolgehou het. As onderwyser en skoolhoof is sy vader deur die bruinmense gerespekteer as "meester" (11), maar deur die wit plaaseienaar dikwels verkleineer (43). Die trefkrag van hierdie drama lê juis in hierdie intieme persoonlike gegewe en wys "hoe pynlik intieme verset en lojaliteit verstrengel is". Dié drama het reeds in 1978 in Engels verskyn as (die rooi grond van Goree). Dít slegs twee jaar ná die opstande van die swart jeug op 16 Junie 1976 toe apartheid op sy ergste ervaar is.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/54/3/EJC157885
2014-09-01
2019-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error