1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Oxford aan die Amstel : Leerstoel Suid-Afrikaanse letterkunde in Amsterdam 80 jaar oud. Die beginjare en vroeë kontakte met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns : navorsings- en oorsigartikels

Volume 54, Issue 3
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Die Amsterdamse leerstoel Zuid-Afrikaanse letterkunde is in 1933 deur die "Stichting tot bevordering van de studie van taal, letterkunde, cultuur en geschiedenis van Zuid-Afrika" ingestel aan wat toe nog de Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam geheet het. Dit was 'n teken van erkenning deur die Nederlandse wetenskap dat Afrikaans uit Nederlands ontwikkel het tot 'n taal in eie reg, tot 'n "selfstandige loot aan die Germaanse taalboom". Op 9 Oktober 1933 het prof. dr. Gerrit Besselaar (1874-1947) sy intreerede as "bijzonder hoogleraar Zuid-Afrikaanse taal-, letterkunde en geschiedenis" gehou. Die leerstoel is ná 'n lang onderbreking tydens en na die Tweede Wêreldoorlog hervat en in die jare '50 en '60 van die vorige eeu beklee deur agtereenvolgens N.P. van Wyk Louw (1950-1958) en H. van der Merwe Scholtz (1959-1962). As gevolg van politieke druk en akademiese boikotaksies is die leerstoel later opgehef, maar ná die demokratiese omwenteling in Suid-Afrika is die tyd ryp geag vir die herinstelling daarvan. In Junie 1999 is 'n konsepvoorstel ingedien by die Fakulteit Geesteswetenskap van die Universiteit van Amsterdam (UvA) en 'n jaar later het die "College van Bestuur" toestemming gegee vir die instelling van weer 'n "bijzondere" leerstoel. In September 2001 is Ena Jansen (gebore 1951) benoem, in April 2002 het sy met haar eerste lesingreeks begin en op 11 April 2003 haar intreerede gehou.


In die artikel word veral aandag gegee aan die ontstaansjare van die leerstoel en aan kontakte tussen Amsterdam en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.


Eighty years ago the chair of "Zuid-Afrikaanse taal, letterkunde en geschiedenis" (South African Language, Literature and History) in Amsterdam came into existence under the auspices of the "Stichting ter bevordering van de studie van taal, letterkunde, cultuur en geschiedenis van Zuid-Afrika" (The Foundation for the Advancement of the Study of Language, Literature, Culture and History of South Africa). This Foundation was established on the 14th November 1932 in The Hague and has since then been a subsection of the so-called "Suid-Afrikaanse Instituut" (South African Institute), one of the institutions based in the "Zuid-Afrika Huis" (South Africa House) at 141 Keizersgracht in Amsterdam. The chair has since its inception been managed in close cooperation with a supervisory council of the University of Amsterdam. Due to long periods of inactivity only four people have been professors of Afrikaans literature in Amsterdam since the instalment of the chair.
On 9th October 1933 dr. Gerrit Besselaar (1874-1947) gave his inaugural lecture as so-called "bijzonder hoogleraar" (professor by special appointment). The Dutchman Besselaar was born in Rotterdam and became a teacher in England before leaving for South Africa in 1903, shortly after the end of the Anglo-Boer War. He soon became an advocate for Afrikaans and was one of the founding members of the "Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns" (South African Academy for Science and Arts) in 1909. He was professor in the department "Nieuwe Talen" (Modern Languages) at the Natal University College in Pietermaritzburg before returning to Europe in 1932. After teaching Afrikaans to German missionaries in Berlin he became the first holder of the chair of Afrikaans literature in Amsterdam. , the title of Besselaar's inaugural address, emphasised the status and pedagogical value of the Afrikaans language and literature.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/54/3/EJC157895
2014-09-01
2019-10-20

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error