1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Die gehalte van Afrikaans as Wetenskapstaal : taalrubriek - redakteursnota

Volume 55, Issue 3
  • ISSN : 0041-4751
USD

 

Abstract

As redakteur is ek al geruime tyd bekommerd oor die gehalte van Afrikaans in (sommige van die) artikels wat aan die TGW voorgelê word. Dit is 'n probleem wat dieper sny as bloot die redigering van die taalgebruik met betrekking tot spelling, leestekengebruik of sinsbou - alle artikels word immers taalversorg deur ervare taalpraktisyns. Waarskynlik omdat byna alle skrywers ook in Engels publiseer en ook omdat die skepping van Afrikaanse vakterminologie nie tred gehou het met nuwe ontwikkelings in verskeie dissiplines nie, is daar dikwels 'n neiging om die Afrikaanse term so na as moontlik aan die Engelse ekwivalent te hou. Alhoewel hierdie praktyk moontlik kommunikasie tussen vakgenote bevorder, geskied dit nietemin ten koste van die behoud en vernuwing van Afrikaans in sy sogenaamde "hoëvlakfunksies". se rubriek "Gespierde Afrikaans" is 'n poging om skrywers en lesers te betrek by 'n verruiming van terminologie. Die TGW verwelkom en ondersteun hierdie inisiatief.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/55/3/EJC177521
2015-09-01
2019-08-24

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error