1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - In our own skins : A Political History of the Coloured People, Richard van der Ross : boekbespreking

Volume 55, Issue 3
  • ISSN : 0041-4751
USD

 

Abstract

Ek was 'n student aan die UWK toe prof. Van der Ross die rektor was. Op 93-jarige ouderdom is hy steeds 'n merkwaardige man. Die laaste keer dat ek hom gesien het, was September 2012 toe hy Adam Small se terugkeer na die openbare lewe tydens 'n viering op Wellington bygewoon het. En ten spyte van sy ouderdom, het hy my herken. Bygevoeg, in 1977 was daar maar min van ons op die UWK. Ek lees 'n joernalis skryf dié oud-rektor van die Universiteit van Wes-Kaapland is op 93 nog vol grappe, maar ook ietwat sinies: "Dis lekker om 'n bruin man te wees, dis lekker om te jol en dis lekker om te sê: 'Moenie 'n bleddie fool wies nie'," het hy geskerts.


Van der Ross het egter bygevoeg: "Bruinmense behoort aan 'n gemeenskap met talle probleme. Ons gemeenskappe is deurmekaar geskeur deur vele sosiale probleme. Sommige van ons mense druk liewers mekaar af, pleks daarvan om sy medemens te help. Om in Suid-Afrika te woon, is baie lekker, maar soms vind Bruinmense dit moeilik om hier te wees, want ons trek nie dieselfde voordeeluit die land as ander rasgroepe nie."
Hierdie as agtergrond tot die volgende boekbespreking. Ek verlaat my aanvanklik op die eerste twee hoofstukke in die boek: die eerste deur Van der Ross se tydgenoot, Franklin Sonn, voormalige ambassadeur en rektor van die Skiereilandse Technikon, vandag die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie; die tweede deur van der Ross self.
Maar eers moet ek iets sê oor die gebruik van die terme "Coloured", "Kleurling" en "bruin". Eerstens: die mense op hul eie, is nie 'n nasie of 'n ras nie. Trouens, die skrywer verwys self daarna as hy sê: " Daar sal diegene wees wat die boek sal kritiseer, wat sal sê die boek moes in die eerste instansie nooit geskryf gewees het nie, want daar is nie iets soos " people" nie.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/55/3/EJC177522
2015-09-01
2019-08-23

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error