1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Willens en wetens : perspektiewe op die Afrikaanse werkwoord : navorsings- en oorsigartikels : Afrikaanse werkwoorde en werkwoordkonstruksies

Volume 56 Number 1-0
  • ISSN : 0041-4751
USD

 

Abstract


The Afrikaans verb , a cognate of English will but closer in meaning to "want to", is usually employed as an auxiliary rather than a main verb and is defined, inter alia, as "to wish, desire, intend, be able, resolve, be prepared, be willing, be on the verge of", and is used to express wishes and as a reduplication form (). This paper endeavours to show that most of these nuances of meaning and usages are derivable from a core meaning of "preparatory action" and two perspectives on this. If is compared to other modal verbs, it appears that though it has certain syntactic and semantic features in common with them, it nevertheless differs greatly from them in many other respects.

Die Afrikaanse modale werkwoord (en sy imperfekvorm ), wat meestal as hulpwerkwoord gebruik word, kan verskillende betekenisskakerings aanneem, onder meer "begeer", "onderneem", "wens", "bereid wees", "neig", "dreig" en "op die punt wees"; dit maak ook deel uit van taalhandelinge, byvoorbeeld om wense uit te druk en is die enigste modale werkwoord wat reduplikasie kan ondergaan (-, -). Die meeste van hierdie betekenisse en gebruike word ondervang deur aan te neem dat in wese 'n handelingswerkwoord is wat op "voorbereidende aksie" dui en waarop die spreker 'n interne of eksterne perspektief kan hê.


Die interne perspektief (wat ons 1 kan noem) gaan uit van taalgebruikers se vermeende vertroudheid met as psigiese of mentale handeling, wat egter op nie-menslike lewensvorme en selfs nie-lewende entiteite geprojekteer kan word. 'n Tipiese gebruik is byvoorbeeld , waar die uitspreek van 'n begeerte om te wen (die wilsaksie) deur 'n persoon geïnisieer word, met as moontlike projeksie.
Die eksterne perspektief (2) berus op die waarneming van byvoorbeeld natuurkragte, waar die aksie weens die taalgebruiker se onvermoë om die onderliggende kragte regstreeks waar te neem slegs gekonstateer kan word as dit op die punt is om te gebeur, byvoorbeeld aangewend word om die onmiddellike moontlikheid van 'n reënbui te beklemtoon. Sodoende kan die modale hulpwerkwoord (-) vanuit die eksterne perspektief deur 'n verdere proses van grammatikalisasie die aspektuele funksie van anterioriteit aanneem, wat dan selfs op menslike gemoedsaandoeninge van toepassing gemaak kan word.
Omdat die interpretasie van 'n uiting deur 'n perspektiefwisseling verstel kan word van interne wilsaksie na anterioriteit en omgekeerd, kan aangeneem word dat daar 'n kontinuum tussen die twee perspektiefpole bestaan. Grammatikale kenmerke wat met die twee perspektiewe korreleer, is dat die interne wilsaksie ontken kan word (behalwe in taalhandelinge) en reduplikasie uitgesluit is, terwyl die ekstern waargenome aksie vanweë sy onmiddellike konstatering nie ontken kan word nie, maar dan juis deur reduplikasie beklemtoon kan word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/56/1/EJC186553
2016-03-01
2019-10-19

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error