1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Statistiese model seleksie

Supplement 1
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract


During the 1990s several papers written by J.H. Venter (with co-author S.J. Steel) on multi-parameter inference in different scenarios appeared in the literature. This paper is devoted to a discussion of contributions made in these papers. A common thread running through most of the papers is the combination of a model selection step with subsequent estimation of relevant parameters. The model selection step may, for example, entail a decision regarding the number of non-zero values amongst several normal means, or deciding on the number of change points in a data set, or declaring a given number of contrasts in an experiment to be active. In all cases the model selection step is followed by parameter estimation, and the proposed procedures are evaluated in terms of estimation or prediction accuracy and in terms of the success with which the correct model is selected.

Gedurende die 1990s is verskeie artikels deur J.H. Venter (saam met mede-skrywer S.J. Steel) oor multi-parameter inferensie in verskillende scenarios geskryf. Hul werk word in hierdie artikel bespreek en daar word aan vier hoof-areas aandag gegee: beraming van die gemiddelde van die populasie wat as beste uit verskeie normaalpopulasies gekies is, gelyktydige seleksie en beraming vir onafhanklike normaalpopulasies, seleksie van die aantal veranderingspunte in 'n gegewe datastel met gepaardgaande beraming van die betrokke parameters, en identifisering van die aantal aktiewe teenstellings in 'n ongerepliseerde fraksionele faktoriaalontwerp. Twee artikels oor ander onderwerpe word ook kortliks bespreek: 'n artikel oor die beraming van twee normaalgemiddeldes wat moontlik gelyk is, en 'n artikel oor die beraming van risiko reduksie in Stein beraming. 'n Gemeenskaplike eienskap van die meeste van Venter en Steel se artikels is die samevoeging van model seleksie en beraming. Die seleksie stap kan byvoorbeeld 'n besluit behels oor die aantal nie-nul waardes in 'n groep normaalgemiddeldes, of die neem van 'n besluit oor die aantal veranderingspunte in 'n datastel, of 'n uitspraak lewer oor die aantal nie-nul teenstellings in 'n eksperiment. In al die gevalle word die model seleksie stap gevolg deur gepaste beraming van die relevante parameters en voorgestelde prosedures word meestal beoordeel in terme van beramingsakkuraatheid tesame met die vermoë om die korrekte model te kies.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/09/sup-1/EJC20282
2008-09-01
2019-10-14

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error