1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Die moeder as versteekte reguleerder : research and review article

Volume 22, Issue 4
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract

'n Menslike baba word met 'n besonder onvolwasse brein gebore en is afhanklik van 'n intense regulerende interaksie met sy of haar moeder (of primêre versorger) vir optimale breinmaturasie. In die kort termyn dra moederlike regulering by tot 'n vroliker baba, terwyl dit in die lang termyn lei tot internalisering en ontwikkeling van selfreguleringsvaardighede. Hierdie vermoë om die eie gemoedstoestand te reguleer is geskoei op die ontwikkeling van regterorbitofrontale dominansie van beide limbiese bane, naamlik die eksitatoriese simpatiese ventrale tegmentale baan en die inhiberende parasimpatiese laterale tegmentale baan. Sodanige ontwikkeling stel die kind in staat om onstuimige emosies te kalmeer deur die parasimpatiese stelsel te aktiveer, en om terugslae te oorwin, deur die simpatiese stelsel te aktiveer. Die moeder beïnvloed die parsellering van die twee limbiese stelsels in die kind se ontwikkelende orbitofrontale korteks, en daarmee dus die permanente eksitasie-inhibiese outonome balans van sy of haar prefrontolimbiese reguleringstelsel. Herhaalde ongereguleerde emosionele toestande in die oefentydperk van 12 tot 18 maande vorm die basis van verskeie sielkundige en psigiatriese afwykings in volwassenheid. Dit is kommerwekkend dat baie kinders hierdie kritieke tydperk deurgaan in kleuterskole, waar 'n gebrek aan voldoende volwasse personeel daartoe kan lei dat 'n kind se emosies herhaalde kere nie gemoduleer word nie, met nadelige gevolge vir die internalisering van sy of haar toekomstige selfreguleringsvaardighede.

<b>The mother as hidden regulator</b> <br>A human baby is born with a decidedly immature brain, and is absolutely dependent on an intense relationship with its mother (or primary caregiver) for brain maturation. In the short term, maternal regulation contributes to a more joyful baby, while in the long term it leads to the internalisation and development of self-regulatory capabilities. The ability to regulate one's own emotional states is based on the development of right orbitofrontal dominance of dual limbic circuits, i.e. the excitatory sympathetic ventral tegmental circuit, and the inhibitory parasympathetic lateral tegmental circuit. Thus the child will be able to calm down after nigh overwhelming emotions by activating the parasympathetic system, but also to bounce back after setbacks by activating the sympathetic system. The mother influences the parcellation of the two limbic systems and thus the permanent excitation-inhibition autonomic balance of its prefrontal regulatory system. Repeated unregulated emotional states in the practicing period from 12-18 months pave the way for various psychological and psychiatric disorders in adulthood. It is worrisome that many children pass through this critical time in nursery schools, where a shortage of adult staff may lead to the scenario where a child's emotions are repeatedly not modulated, with dire consequences for the internalisation of its future self-regulating capabilities.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/22/4/EJC20336
2003-12-01
2019-08-24

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error