1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Die voorgeskiedenis van kwantumberekening : research and review article

Volume 23, Issue 1_2
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract

Die hoofidees wat tans gestalte vind in die teorie en tegnologie van kwantumberekening is in die laat 1970's en vroeg 1980's deur fisici in die Weste en 'n wiskundige in die voormalige Sowjetunie neergelê. Dat dié teorie ook wortels in die Russiestalige vakliteratuur het, is nie algemeen bekend in die Weste nie. Daar word kortliks gekyk na die idee soos deur Benioff en (veral) Feynman in die Weste versprei, asook die voorstel van dié rekengrondslag deur Manin in die Russiese literatuur. Die outeur hoop om hiermee so 'n onpartydig moontlike sintese van die vroeë gedagtegeskiedenis rondom kwantumberekening aan te bied. Die rol van omkeerbare en onomkeerbare berekeningsprosesse word vlugtig bekyk soos dit verband hou met die ontstaan van kwantumberekening, asook die sogenaamde Inligtingsparadoks in die fisika. Die inligtingsteorie en die fisika het heelwat met mekaar te kommunikeer, soos hierdie paradoks uitwys.

<b>The pre-history of quantum computation</b> <br>The main ideas behind developments in the theory and technology of quantum computation were formulated in the late 1970s and early 1980s by two physicists in the West and a mathematician in the former Soviet Union. It is not generally known in the West that the subject has roots in the Russian technical literature. The idea, as propagated by Benioff and (especially) Feynman, is reviewed along with the proposition of a foundation for this kind of computation by Manin in the Russian literature. The author hopes to present as impartial a synthesis as possible of the early history of thought on this subject. The role of reversible and irreversible computational processes will be examined briefly as it relates to the origins of quantum computing and the so-called Information Paradox in physics. Information theory and physics, as this paradox shows, have much to communicate to each other.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/23/1_2/EJC20343
2004-03-01
2019-10-23

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error