- Home
- A-Z Publications
- Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie
- Previous Issues
- Volume 25, Issue 1, 2006
Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Volume 25, Issue 1, March 2006
Volumes & Issues

Volume 38 (2019)

Volume 37 (2018)

Volume 36 (2017)

Volume 35 (2016)

Volume 55 (2015)

Volume 34 (2015)

Volume 33 (2014)

Volume 32 (2013)

Volume 31 (2012)

Volume 30 (2011)

Volume 29 (2010)

Volume 28 (2009)

Volume 27 (2008)

Volume 09 (2008)

Supplement 1

Volume 26 (2007)

Volume 25 (2006)

Volume 24 (2005)

Volume 23 (2004)

Volume 22 (2003)

Volume 21 (2002)

Volume 20 (2001)
Volume 25, Issue 1, March 2006

Voedingsassosiasie tussen vee-reiers (Bubulcus ibis) en soogdiergashere in die sentrale Vrystaat : research and review article
Authors: H.J.B. Butler and O.B. KokSource: Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 25, pp 1 –18 (2006)More LessVeldwaarnemings wat gedurende Oktober 1995 tot April 2001 in boerderygebiede en wildreservate in die sentrale Vrystaat onderneem is, toon aan dat vee-reiers hoofsaaklik in kommensalistiese assosiasie met hoefdiere of selfs plaasimplemente voed. 'n Groter persentasie plaasdiere as wild was hierby betrokke. Gebaseer op berekende voorkeurindekse kwalifiseer slegs drie spesies, tewete beeste, buffels en witrenosters as sleutelgashere. Elande, gemsbokke, rooibokke en perde is as hoofgashere geklassifiseer, terwyl die res van die dertien waargenome gasheerspesies as ondergeskikte gashere geïdentifiseer is. Meer as die helfte van alle voedingsassosiasies (58,4%) het gedurende die vroegoggend voorgekom, gevolg deur 'n afname gedurende die middel van die dag met 'n effense toename weer later in die middag. Afhangende van die gasheerspesie betrokke kom duidelike verskille in die tydstip van assosiasies voor. Beeste was die enigste gasheer waarmee vee-reiers deurlopend op enige tydstip van die dag geassosieer het. Klaarblyklik assosieer vee-reiers verreweg die meeste met grotere gasheersoorte wat aktief wei. In grasveldhabitats voed die voëls hoofsaaklik vóór gashere wat wei, maar ágter dié wat vinnig beweeg. End
Feeding association between cattle egrets (Bubulcus ibis) and mammal hosts in the central Free State
Field observations undertaken during October 1995 to April 2001 in agricultural areas and nature reserves of the central Free State, indicate that cattle egrets mainly feed in commensalistic association with ungulates or even farm implements. A higher percentage farm animals than game was involved herewith. Based on calculated preference indices only three species, namely cattle, buffalo and white rhino, qualified as key hosts. Eland, gemsbok, impala and horses were classified as major hosts, while the rest of the thirteen observed host species were identified as minor hosts. More than half of all feeding associations (58,4%) occurred during the early mornings followed by a decrease during the middle of the day with a slight increase again later in the afternoon. Depending on the host species involved, notable differences occurred in the time of association. Cattle were the only host species with which cattle egrets associated during any time of the day. Evidently, cattle egrets associated most often with larger host species which were actively grazing. In grassland habitats the birds mainly fed in front of grazing hosts, but behind those that moved too fast. End

Verspreiding en habitats van Gyraulus costulatus, potensiële slaktussengasheer van ingewandsbotte van die familie Echinostomatidae in Suid-Afrika : research and review article
Authors: K.N. De Kock and C.T. WolmaransSource: Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 25, pp 19 –31 (2006)More LessHierdie artikel fokus op die geografiese verspreiding en habitats van Gyraulus costulatus soos weerspieël deur die 736 vindplekke wat tans in die databasis van die Nasionale Varswaterslakversameling (NVWSV) van Suid-Afrika op rekord is. Alhoewel 'n wye verskeidenheid tipes waterliggame vir hierdie spesie gerapporteer is, was die grootste getal monsters afkomstig uit riviere, spruite en damme waarvan die water oorwegend as standhoudend, vars en helderkleurig aangeteken is. 'n Hoofsaaklik klipperige substraat en die teenwoordigheid van waterplante is vir die meerderheid vindplekke tydens opnames gerapporteer. 'n Geïntegreerde besluitnemingsboom wat uit die data saamgestel is, het aangetoon dat hoogte bo seevlak, temperatuur en waterliggame die belangrikste van die ondersoekte faktore is wat die gedokumenteerde geografiese verspreiding van hierdie spesie in Suid-Afrika bepaal het en dit word ondersteun deur die effekgroottewaardes wat vir elke veranderlike afsonderlik bereken is. Die lae prioriteit wat veldopnames om die geografiese verspreiding van varswaterslakke en slakgedraagde parasitiese siektes te moniteer en op te dateer sedert die vroeë tagtigerjare van die vorige eeu en tans nog geniet, is kommerwekkend. Dit word aanbeveel dat die presiese rol van G. costulatus in die epidemiologie van ekonomies belangrike wurmparasiete in Suid-Afrika ondersoek word. End
Distribution and habitats of Gyraulus costulatus, potential snail intermediate host of intestinal flukes of the family Echinostomatidae in South Africa
This paper focuses on the geographical distribution and habitats of Gyraulus costulatus, as reflected by the 736 localities currently on record in the database of the National Freshwater Snail Collection (NFSC) of South Africa. Although a wide variety of water body types was reported for this species, the largest number of samples were yielded by rivers, streams and dams which were described as perennial with predominantly fresh and clear water. A mainly stony substrate and the presence of aquatic vegetation were recorded for the majority of localities at the time of survey. An integrated decision tree constructed from the data indicated that altitude, temperature and water bodies were the most important of the factors investigated that determined the documented geographical distribution of this species in South Africa. This was supported by the effect size values calculated separately for each factor. Since the early eighties of the previous century, surveys to monitor and update the geographical distribution of freshwater snails and snail-borne parasitic diseases have been relegated to a low priority issue and this is a matter of concern. It is recommended that the exact role of G. costulatus in the epidemiology of economically important helminth parasites in South Africa should be investigated. End

Stresrespons van die outonome senuweestelsel op valskermspronge en vryval : research and review article
Authors: C.C. Grant, N. Claassen and M. ViljoenSource: Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 25, pp 32 –39 (2006)More LessIn hierdie studie is die effek van valskermspring en vryval, sowel as van visualisering, op die balans van die outonome senuweestelsel ondersoek. Die resultate toon 'n verskuiwing na simpatiese oorheersing in die balans van die outonome senuweestelsel tydens valskermspring en vryval. Hierdie verskuiwing was statisties betekenisvol in die geval van relatief onervare springers, maar nie in ervare springers nie. 'n Soortgelyke outonome stresrespons is ook geïnduseer deur visualisering van die sprong in die laboratorium. Verdere studies is nodig om te bepaal of daar 'n verskil is in die mate waartoe die ervare en onervare springers die biologiese stresrespons deur visualisering kan induseer. End
Stress response of the autonomic nervous system on skydiving and freefall
This study investigated the influence of skydiving and freefall, as well as that of visualisation, on the autonomic nervous system balance. The results showed a shift towards sympathetic dominance in the autonomic nervous system balance during skydiving and freefall. This shift was statistically significant in the inexperienced, but not in the experienced skydivers. A similar autonomic stress response was seen in the laboratory during visualisation of skydiving. Further studies are necessary to ascertain whether a difference exists between the extent to which experienced and inexperienced skydivers can induce the biological stress response through visualisation. End

Geselekteerde referaatopsommings - S.A. Akademie : Studentesimposium vir Natuurwetenskappe (Universiteit van Suid-Afrika, 28 Oktober 2005 : papers
Source: Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 25, pp 40 –64 (2006)More LessOorkoming van alternatiewe konsepsies aangaande interferensie en diffraksie van lig ), A. Coetzee.
Laserspektroskopie van koolstofmonoksied, A. du Plessis.
Afstandswaarneming vir die evaluering van vleiland- grondwaterinteraksie in die Kogelberg-biosfeerreservaat, J. Engelbrecht.
Masjienleergebaseerde lemma-identifisering vir Afrikaans, H.J. Groenewald.
Seinherwinning met LULU-gladstrykers, M.D. Jankowitz.
Elektroniese karakterisering van GaN geïnplanteer met Eu, P.J. Janse van Rensburg.
Die skep van hoëresolusie-klimaatdata vir die Suidwes-Kaap met behulp van digitale elevasiemodelle, S.J. Joubert.
Die evaluering van beeldklassifikasietegnieke op ASTER-data vir die onderskeiding van rotstipes in die Barberton-groensteengordel, Mpumalanga, Suid-Afrika, Jaco Kemp.
Spoormetaalsamestelling van atmosferiese aërosols in die Sasolburg-gebied, E.H. Kleynhans, J.J. Pienaar, C.E. Read & H.J. van der Walt.
Die effek van 'n Fisk-Parker-hibriedmagneetveld op kosmiese strale in die heliosfeer, T.P.J. Kruger.
Roete en intensiteitsvoorspelling van tropiese siklone oor die suidwestelike Indiese Oseaan, N. le Roux & C.J. de W. Rautenbach.
Fitochemie en antimikrobiese aktiwiteit van Helichrysum excisum, A. Lourens & F. van Heerden.
Basiese ontologieë vir objekherkenning, U. Minnaar & E.M. Ehlers.
Kimberlietverwering: mineralogie en meganisme, J. Morkel.
Rekursiewe steganografie vir data-integriteit, T. Morkel.
Meerveranderlike ekstremes, A. Nel.
Sintese en reaktiwiteit van nuwe rheniumkarbeenkomplekse, A.J. Olivier.
'n Raamwerk vir TeleAgente, O.L. Oosthuizen & E.M. Ehlers.
Alternatiewe metodes vir die herwinning van anorganiese soute uit afvalwaterstrome in die petroleumnywerheid, L.M. Oosthuizen.
'n Niestandaardbenadering tot Hausdorff-dimensie, P. Potgieter.
Rooiseewater in die suidelike Agulhasseestroom, R.E. Roman & J.R.E. Lutjeharms.
Agentoriëntasie - waarom, wat en wanneer? M.A. Schoeman.
'n Algoritme vir die knapsakprobleem met S-vormige funksies, G. Venter.
Objektiewe inligtingsekerheidsrisiko-ontleding met behulp van Wasige Logika en Monte Carlo-simulasie, A. Vorster.
Die gebruik van moderne tegnologie in die bestuur van 'n eeue oue probleem, H.F. Vosloo, P.F.Frost & J.M. Meeuwis.
Suid-Afrika se meetkundekurrikulum vir grade R-9 (skole) en die Van Hielemodel, M.L. Willemse.

Netwerkvorming in Afrika : aankondiging van toekomstige gebeure
Author Sospeter MuhongoSource: Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 25 (2006)More LessExtracted from text ... Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, Jaargang 25 No.1: Maart 2006 65 Aankondiging van toekomstige gebeure Netwerkvorming in Afrika Die redaksie van die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie het die volgende inligting van die ICSU (International Council for Science) rakende netwerkvorming in Afrika ontvang. Ons gee graag die inligting aan u deur. Tydens die 28ste Algemene Vergadering van ICSU wat in Oktober 2005 in Sjina gehou is, is die ICSU Strategiese Plan vir 2006-11 goedgekeur. Meer besonderhede omtrent hierdie plan is by www.icsu.org beskikbaar. Binne die raamwerk van hierdie Strategiese Plan van ICSU, en met inagneming van die onmiddellike behoeftes van Afrika, het die ICSU Streekkomitee vir Afrika sekere ..