1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Verspreiding en habitats van , potensiële slaktussengasheer van ingewandsbotte van die familie Echinostomatidae in Suid-Afrika : research and review article

Volume 25, Issue 1
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract

Hierdie artikel fokus op die geografiese verspreiding en habitats van <I>Gyraulus costulatus&lt;/I&gt; soos weerspieël deur die 736 vindplekke wat tans in die databasis van die Nasionale Varswaterslakversameling (NVWSV) van Suid-Afrika op rekord is. Alhoewel 'n wye verskeidenheid tipes waterliggame vir hierdie spesie gerapporteer is, was die grootste getal monsters afkomstig uit riviere, spruite en damme waarvan die water oorwegend as standhoudend, vars en helderkleurig aangeteken is. 'n Hoofsaaklik klipperige substraat en die teenwoordigheid van waterplante is vir die meerderheid vindplekke tydens opnames gerapporteer. 'n Geïntegreerde besluitnemingsboom wat uit die data saamgestel is, het aangetoon dat hoogte bo seevlak, temperatuur en waterliggame die belangrikste van die ondersoekte faktore is wat die gedokumenteerde geografiese verspreiding van hierdie spesie in Suid-Afrika bepaal het en dit word ondersteun deur die effekgroottewaardes wat vir elke veranderlike afsonderlik bereken is. Die lae prioriteit wat veldopnames om die geografiese verspreiding van varswaterslakke en slakgedraagde parasitiese siektes te moniteer en op te dateer sedert die vroeë tagtigerjare van die vorige eeu en tans nog geniet, is kommerwekkend. Dit word aanbeveel dat die presiese rol van <I>G. costulatus&lt;/I&gt; in die epidemiologie van ekonomies belangrike wurmparasiete in Suid-Afrika ondersoek word. End

<b>Distribution and habitats of <I>Gyraulus costulatus</I>, potential snail intermediate host of intestinal flukes of the family Echinostomatidae in South Africa</b> <br>This paper focuses on the geographical distribution and habitats of <I>Gyraulus costulatus</I>, as reflected by the 736 localities currently on record in the database of the National Freshwater Snail Collection (NFSC) of South Africa. Although a wide variety of water body types was reported for this species, the largest number of samples were yielded by rivers, streams and dams which were described as perennial with predominantly fresh and clear water. A mainly stony substrate and the presence of aquatic vegetation were recorded for the majority of localities at the time of survey. An integrated decision tree constructed from the data indicated that altitude, temperature and water bodies were the most important of the factors investigated that determined the documented geographical distribution of this species in South Africa. This was supported by the effect size values calculated separately for each factor. Since the early eighties of the previous century, surveys to monitor and update the geographical distribution of freshwater snails and snail-borne parasitic diseases have been relegated to a low priority issue and this is a matter of concern. It is recommended that the exact role of <I>G. costulatus&lt;/I&gt; in the epidemiology of economically important helminth parasites in South Africa should be investigated. End

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/25/1/EJC20376
2006-03-01
2019-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error