1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Die Suid-Afrikaanse uitgebreide maritieme gebied : 'n alternatiewe metode vir die bepaling van die voet van die kontinentale helling : research and review article

Volume 25, Issue 4
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract

Kuslande het 'n eenmalige geleentheid om by die Verenigde Nasies (VN) aansoek te doen om 'n uitgebreide maritieme gebied, indien hul wetenskaplik kan toon dat die voet van die kontinentale helling (VKH) buite hul soewereine 200 seemyl eksklusiewe ekonomiese sone geleë is. Die VN definieer geomorfologies die VKH as die kromme van maksimale buiging tussen die afplattende kontinentale helling en die bodem van die diepsee. In hierdie artikel word daar getoon hoe gediskretiseerde tegnieke uit differensiaalmeetkunde suksesvol gebruik kan word om die VKH benaderd uit satelliet seebodem dieptedata te bepaal, sonder om van data gladstrykingstegnieke gebruik te maak. Hierdie differensiaalmeetkundige benadering is 'n alternatief tot 'n huidige, wyd-gebruikte tegniek vir die bepaling van die VKH en toon dat internasionale spekulasie oor die opportunisme van hierdie tegniek bloot vanuit 'n geomorfologiese perspektief geregverdig mag wees. Die numeriese resultate wat verkry word, is 'n wetenskaplik verantwoordbare aanwyser ten opsigte van die moontlike ligging van die VKH rondom die Suid-Afrikaanse kus.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/25/4/EJC20392
2006-12-01
2019-08-20

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error