1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Dieetsamestelling van tuinduiwe in die Bloemfonteinse stadsgebied, sentrale Vrystaat - : navorsings- en oorsigartikel

Volume 28, Issue 1
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract

Ondersoek is ingestel na die kropinhoud van 333 volwasse tuinduiwe () en 49 neskuikens wat oor 'n tydperk van 'n jaar in die Bloemfonteinse stadsgebied, sentrale Vrystaat, versamel is. Daarvolgens word die dieet deur natuurlike plantegroei uit die onmiddellike omgewing, waarvan boomvruggies van die inheemse witstinkhout () die belangrikste is, oorheers. Vergelykenderwys is die bydrae van invertebraat prooi-items, hoofsaaklik larwes en papies van die Diptera en Lepidoptera, onbeduidend. Die teenwoordigheid van 'n beduidende hoeveelheid kropmelk hou waarskynlik verband met die uitgebreide broeiseisoen van die duiwe, terwyl die gereelde voorkoms van anorganiese materiaal op die belangrikheid van klipgruis by die fisiese verwerking van harde plantdele op 'n latere stadium in die spiermaag dui. Die kropinhoude van neskuikens impliseer dat verbouingsgewasse soos koring, mielies en sonneblom veral gedurende die broeiseisoen deur volwasse tuinduiwe benut word. Hoewel die voëls onder eksperimentele toestande 'n duidelike voorkeur aan mielies en die geel skakering van die ligspektrum verleen, blyk die benuttingsfrekwensie van spesifieke gewasse eerder op hul relatiewe beskikbaarheid gebaseer te wees.


Crop contents of 333 adult feral pigeons () and 49 nestlings collected over a period of a year in the Bloemfontein urban area, central Free State, were investigated. According to the abovementioned data the diet is dominated by natural vegetation from the immediate vicinity, with small fruit from the endemic stinkwood () being the most important. Comparatively the contribution of invertebrate prey items, mainly larvae and pupae of the Diptera and Lepidoptera, is negligible. The presence of a significant amount of pigeon's milk can probably be related to the extended breeding season of the birds, while the regular occurrence of inorganic material points to the importance of grit in the physical processing of hard plant parts at a later stage in the gizzard. The crop contents of nestlings imply that cultivated crops such as maize, sunflower and wheat are utilised by adults particularly during the breeding season. Although the pigeons showed a clear preference for maize and the yellow shade of the light spectrum under experimental conditions, the utilisation frequency of specific crops is based more on their relative availability.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/28/1/EJC20456
2009-12-01
2019-08-23

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error