1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Die uitdaging van ontoereikende wiskundeprestasie : fokus op probleemoplossing : voorwoord

Volume 28, Issue 1
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract

Daar heers wye kommer oor ontoereikende prestasie in wiskunde. Hoewel hierdie probleem ook in ander dele van die wêreld voorkom, spreek Suid-Afrikaanse kenners al vir jare hul besorgdheid uit oor veral Graad 12-leerders se ontoereikende prestasie in wiskunde en die impak hiervan op tersiêre studie sowel as die nasionale ekonomie. Tewens, oor die afgelope jaar wil dit voorkom of hierdie toestand vererger het - universiteitsdosente meld dat eerstejaars se punte swakker is as in die verlede. Kommer word ook uitgespreek dat leerders vanjaar minder as in vorige jare blyke gee van insig in basiese wiskundevaardighede. Verder is hulle nie in staat om basiese probleemoplossingsvaardighede toe te pas en aan te hou probeer om moeilike wiskundeprobleme op te los en nie voortydig moed op te gee en na hulp te soek nie. Tensy daar genoeg beroepslui soos ingenieurs, rekenmeesters en wiskundeonderwysers opgelei word, kan die Suid-Afrikaanse ekonomie eenvoudig nie vinnig genoeg groei nie. Dit verg nie veel insig om die volgende afleiding te maak nie : Om in wiskunde te presteer beteken nie net oorlewing vir individuele leerlinge nie, maar ook vir enige ontwikkelende land. Wiskunde is immers by verre die belangrikste vak vir toelating tot gesogte studierigtings.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/28/1/EJC20467
2009-12-01
2019-10-20

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error