1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Ortopedie in die Grieks-Romeinse era s

Volume 28, Issue 2
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract

Die gevorderde hantering van afwykings van bene en gewrigte, Ortopedie, het in Mesopotamië en veral in antieke Egipte sy ontstaan gehad. Dit was egter die Griekse geneeshere wat in die laat 5de eeu v.C. in die Hippokratiese Korpus 'n merkwaardig doeltreffende samevatting van die ortopediese beroep vasgelê het, waarop vir minstens 'n 1 000 jaar nie beduidend verbeter sou word nie. Gebaseer op die onderskeiding tussen toe en oop frakture en ontwrigtings (lg. met oorliggende velwond, en aansienlik swakker prognose) is hierdie afwykings so spoedig moontlik gereduseer (selfs deur middel van meganiese tegnieke), die oorliggende vel met seraatsalf gesmeer en dan met kompresse en verbande geïmmobiliseer. Gedurende die eerste 12 dae is die letsel herhaaldelik weer oopgemaak om die fraktuur of ontwrigting te herbelyn indien nodig. Eers hierna is ferm immobilisasie met onder andere spalke aangebring. Beduidende druk op die letsel is vermy omdat daar geglo is dat dit sepsis en gangreen aanbring. Dit is aanvaar dat genesing 20 dae (by byvoorbeeld voet-, rib- en sleutelbeenfrakture) en 40 dae (by been- en bo-armfrakture) sou duur. Benewens algemeen geldende prosedures is die spesifieke hantering van 18 verskillende frakture en 'n groot aantal ontwrigtings in besonderhede uitgespel. Oor ander ortopediese afwykings soos degeneratiewe artritis en jig verskyn daar min in die Hippokratiese werke, maar later geneeshere in die Romeinse era (bv. Celsus, Soranus, Aretaeus en Galenus) het dit wel beskryf.


In this study the evolutionary development of orthopedics (management of diseases of bones and joints), which commenced in early Mesopotamia and Egypt, is followed through Classical times.
The Greek influence probably commenced in the 6th century BC with Democedes of Croton who cured the Persian king's dislocated ankle. The Corpus Hippocraticum laid the foundation of orthopedic practice in antiquity. Although knowledge of anatomy was limited, its four books on orthopedics (The Nature of Bones, Mochlicon, On Fractures, On Joints) count amongst the outstanding contributions of Hippocratic writers. In systematic manner the general recognition and management of fractures and dislocations are covered, followed by the handling of individual lesions.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/28/2/EJC20450
2009-06-01
2019-10-20

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error