1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Verspreiding van (Walker, 1912) en (Melvill & Ponsonby, 1903) (Gastropoda : Ancylidae) in Suid-Afrika

Volume 28, Issue 3
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract

Die voorkoms van verteenwoordigers van die Ancylidae in Suid-Afrika is reeds in 1848 gerapporteer. Die eerste omvattende studie van hierdie familie in Suid-Afrika is egter eers in 1923 gepubliseer. Alhoewel verskeie bydraes sedertdien gepubliseer is, is verskeie outeurs van mening dat bestaande kennis oor die Ancylidae steeds gebrekkig is en dat hersiening nie net op spesievlak nie maar ook op genus-vlak nodig is. Tans is daar 14 spesies op rekord in die databasis van die Nasionale Varswaterslakversameling (NVWSV). Hierdie bydrae handel oor die geografiese verspreiding en habitats van en die twee Ancylidae spesies waarvan die meeste versamelpunte in die databasis van die NVWSV op rekord is en wat ook die mees wydverspreide geografiese verspreiding van hierdie familie vertoon. Alhoewel beide spesies in die meerderheid van die verskeidenheid van waterliggame wat in die databasis vermeld word, aangetref is, is die grootste getal monsters van albei in standhoudende riviere en spruite en op 'n klipperige substraat versamel. Albei spesies is nie gerapporteer uit die droër streke van Suid-Afrika nie waarskynlik as gevolg van 'n beperkte vermoë om desikkasie te kan oorleef in gebiede waar standhoudende habitats 'n uitsondering is. Resultate dui daarop dat hoogte bo seevlak en aard van die substraat 'n belangrike rol gespeel het in die daarstelling van hul gedokumenteerde geografiese verspreiding soos weerspieël deur die rekords in die NVWSV. Min is oor die bewaringstatus van die Ancylidae van Suid-Afrika bekend, maar die karige inligting wat wel tot ons beskikking is, dui op rede tot kommer. Om sinvolle uitsprake oor die bewaringstatus en spesiediversiteit van die Mollusca van Suid-Afrika te kan maak, word aanbeveel dat van die versamelpunte op rekord weer besoek behoort te word waarna die resultate met die bestaande rekords in die databasis van die NVWSV vergelyk kan word.


The presence of Ancylidae in South Africa was established as early as 1848 but the first comprehensive study on this family was reported in 1923. This author came to the conclusion that extensive work still had to be done before it could be declared that knowledge pertaining to the South African representatives of this family could be considered as satisfactory. Another important contribution on South African Ancylidae was published in 1939. After a detailed morphological and histological study on three decades later the authors stated that the taxonomy of the Ancylidae still remained unsatisfactory, a view that was supported by authors as recently as 2002. The National Freshwater Snail Collection (NFSC) was established in 1956 but the oldest sample of Ancylidae on record dates back to 1954 and at present 14 species of are represented in the database of the NFSC.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/28/3/EJC20452
2009-09-01
2019-10-14

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error