1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Eier-ekskresiepatrone as kriterium vir die bepaling van prevalensie en intensiteit van besmetting by manlike en vroulike individue in verskillende ouderdomsgroepe in 'n skistosoomendemiese gebied in die Limpopoprovinsie : navorsings- en oorsigartikels

Volume 29, Issue 3
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract

Urinêre skistosomose is 'n siekte wat deur die wurmparasiet Schistosoma haematobium veroorsaak word. Dit kom hoofsaaklik in die sub-tropiese gedeeltes van Limpopo-, Mpumalanga en Kwa-Zulu Natal provinsies voor. Nagenoeg drie miljoen mense waarvan die meeste kinders is, is met hierdie parasiet besmet. Alhoewel daar serologiese toetse beskikbaar is om die besmetting te diagnoseer, word mikroskopiese ondersoeke van die urine vanweë die lae koste daaraan verbonde, oorwegend as diagnostiese metode gebruik. Die moontlikheid van variasie in die voorkoms van eiers in die urine wanneer urine versamel word, kan ongelukkig daartoe lei dat die getal besmette persone in 'n bepaalde gebied vanweë die voorkoms van vals negatiewe resultate onderskat kan word. Hierdie ondersoek het dit ten doel gehad om die voorkoms van sodanige variasie by skistosoombesmette manlike en vroulike individue op verskillende tye van die dag na te gaan met die doel om die graad van variasie wat mag voorkom, vas te stel, sowel as om te bepaal of daar 'n daaglikse piek in die ekskresie van die eiers voorkom wat moontlik op 'n geskikte tyd vir die versameling van urine kan dui. Urine is om 8:30, 10:30, 12:30, 14:30 en 16:30 van manlike en vroulike individue in die 4-9, 10-14 en 15-22 jaar ouderdomsgroepe versamel en mikroskopies vir die teenwoordigheid van eiers ondersoek. Die eiers is hierna getel en in verskillende intensiteitskategorieë ingedeel. Die resultate van hierdie ondersoek het aan die lig gebring dat, ongeag van wanneer die urine versamel is, vals negatiewe resultate in elke groep wat ondersoek is, voorgekom het. Dit is verder bevind dat daar geen definitiewe piek in eierekskresie voorgekom het wat hetsy tussen die verskillende ouderdomsgroepe of intensiteitsgroepe ooreengestem het nie.


Urinary schistosomiasis is a disease caused by the worm parasite Schistosoma haematobium. Approximately 3 million people of whom the majority are children, staying in the subtropical areas of the Limpopo, Mpumalanga and Kwa-Zulu-Natal provinces, are infected with this parasite. Although the initial pathology of heavy infections is limited to blood in the urine, long term infections may lead to, amongst others, hydronephrosis and cancer of the squamous epithelial tissue of the bladder. Investigations that aim to collect information regarding the general epidemiology of schistosomiasis in a specifi c area, as well as the prevalence and intensity of infection, are primarily based on the presence of schistosome eggs in the urine. The results of these studies which are mainly done by making use of a single urine sample collected between 10:00 and 14:00 are often used as criteria to express the degree of morbidity, the prevalence and intensity of infection, worm load burden, as well as the presence of genital lesions and urinary tract disease in females. This is, however, only possible if the number of eggs excreted at a specific time is constant. Although there are serological techniques available to diagnose urinary schistosomiasis, parasitological methods are in spite of the above mentioned imperfections, still preferred for large scale epidemiological studies because of its cost effectiveness. It is however, of paramount importance to collect more information regarding the patterns of egg excretion as it occurs in males, as well as females in different age groups.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/29/3/EJC20477
2010-09-01
2019-08-24

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error