1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Soekenjindekking van Suid-Arikaanse en Afrikaanse webruimtes s

Volume 29, Issue 3
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract

Soekenjins is webgebaseerde stelsels wat gebruik word om inligting vanaf die Web te verkry. As gevolg van hul posisie tussen inligtingsoekers en inligtingverskaffers beskik soekenjins oor ekonomiese mag. Soekenjins beïnvloed die vloei van inligting - moontlike besigheidstransaksies - deur die manier waarop inligting gedek, geïndekseer, gestoor en as soekresultate verskaf word. Indien 'n soekenjin goeie dekking verskaf aan 'n sekere groep (lande of tale) ten koste van 'n ander groep, sal dit ekonomiese gevolge vir beide groepe inhou. Inligtingsoekers, moontlike kliênte, word (meestal onwetend) gelei na die inligtingverskaffers wie se webinhoud die beste gedek word, deurdat hierdie webinhoud meer gereeld as relevante soekresultate aangedui word. Dit is bekend dat sekere ontwikkelde lande en hierdie lande se tale beter dekking geniet as ander ontwikkelde lande. Hierdie studie ondersoek vir die eerste keer die dekking van 'n ontwikkelende land, Suid-Afrika, en een van sy inheemse tale, Afrikaans. Daar is bevind dat Westerse (.com) webinhoud beter gedek word as Suid-Afrikaanse webinhoud en dat Engelse webinhoud beter dekking geniet as webinhoud in Afrikaans. Daar is gevolglik 'n sydigheid van soekenjins tot voordeel van Westerse (.com) ontwikkelde lande en die Engelse taal. Die sigbaarheid van webtuistes word ook bestudeer as 'n moontlike oorsaak van soekenjins se sydigheid.


Search engines are web-based systems used for retrieving information from the Internet. They have economic power because of their positioning between information providers and information seekers. Search engines can influence the flow of information - possible business transactions - by the way information is indexed, stored, and portrayed as search results. If a search engine provides good coverage of website content from one group of information providers (grouped by country or language) to the detriment of another group, it will have economic implications for both groups. It is known that certain developed countries and the language(s) of these countries, have better coverage than other developed countries and their languages. This study investigates for the first time the website coverage of a developing country, South Africa, and one of its indigenous languages, Afrikaans.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/29/3/EJC20479
2010-09-01
2019-08-18

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error