1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Landskapsfunksionaliteit en plantdiversiteit in stedelike en landelike gefragmenteerde grasvelde in die Potchefstroom omgewing : referaatopsomming

Volume 31, Issue 1
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract

Verstedeliking en die gepaardgaande antropogeniese impakte op ekosisteme neem voortdurend toe en tree as 'n sterk selektiewe krag op wat plant-spesiediversiteit, ruimtelike verspreiding, funksionaliteit en gedrag van plantspesies beïnvloed. Relatief min studies word egter in hierdie verband in Suid-Afrika gedoen omdat die bewaringstatus van stedelike oop ruimtes soos byvoorbeeld gefragmenteerde grasvelde, laag is. Die perspesie bestaan dat grasvelde in stedelike gebiede in so 'n mate versteur is dat dit nie meer so funksioneel en spesieryk soos natuurlike grasvelde is nie. Die bewaringstatus van grasvelde in Suid-Afrika is ook oor die algemeen laag en 30% van Suid-Afrika se Grasveldbioom is getransformeer en die oorblywende 70% is tot 'n groot mate gefragmenteer. Verstedeliking en landbou-aktiwiteite is die dryfkrag agter fragmentering en transformering van die Randse Hoëveld Grasveld plantegroeitipe. Slegs 1% van dié bedreigde plantegroeitipe word tans bewaar.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/31/1/EJC122127
2012-01-01
2019-10-20

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error