1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Faktore wat houdings oor jag onder die ekonomies aktiewe bevolking in Port Elizabeth beïnvloed : oorspronklike navorsing

Volume 31, Issue 1
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract

'n Opname oor houdings teenoor jag onder die ekonomies aktiewe publiek in Port Elizabeth is gedurende 2009 gedoen. Die doel van die opname was om faktore wat die publiek se houding teenoor jag beïnvloed, te identifiseer en te ondersoek. Jag vorm 'n noodsaaklike deel van bewaring en wildbestuur op wildplase. Negatiewe houdings teenoor jag onder die publiek het potensieel 'n sosiale bedreiging vir die jagbedryf geword, wat die doeltreffende bewaring en bestuur van wild op wildplase bedreig. Hierdie sosiale bedreiging is by wyse van 'n statisties verteenwoordigende opname onder die ekonomies aktiewe publiek in Port Elizabeth ondersoek. Die data is met behulp van self-geadministreerde vraelyste ingesamel en 384 vraelyste is voltooi. Verskeie faktore wat die publiek se houding teenoor jag beïnvloed, is geïdentifiseer. Daar is bevind dat die mate waartoe 'n persoon aan jag blootgestel is, asook hul sosiale verbintenisse 'n beduidende invloed op houdings teenoor jag het. Onkunde oor jag belemmer 'n persoon se vermoë om 'n akkurate begrip van jag te vorm en het negatiewe houdings teenoor jag tot gevolg. Die opvatting dat jag nie 'n belangrike deel van wildbestuur vorm nie, asook die opvatting dat jag wild in gevaar stel, is grootliks vir negatiewe houdings oor jag verantwoordelik. Wanpersepsies oor jag kan reggestel word deur die publiek oor wild en die belangrikheid van jag in die bestuur van wild op te voed. Wanpersepsies oor jag kan verder aangespreek word deur die publiek daarvan te oortuig dat die primêre rede waarom daar gejag word op ekologiese oorwegings en wildbestuur berus.


A survey on attitudes towards hunting was conducted amongst the economically active public in Port Elizabeth during 2009. The aim was to identify and investigate factors influencing public attitudes towards hunting. Hunting has become an essential part of conservation and wildlife management on game farms. Negative attitudes towards hunting within the larger society have become a threat to the hunting industry, which in turn may jeopardise conservation and the effective management of game. This social threat was investigated by conducting a survey amongst a statistically representative sample of the economically active public in Port Elizabeth. Two sampling procedures, namely simple random sampling and proportional stratified sampling, were followed to ensure that a statistically representative sample was obtained. Self-administered questionnaires were used as the survey instrument. A total of 384 questionnaires were completed. Various factors influencing public attitudes towards hunting were identified and investigated, and it was found that the extent to which a person has been exposed to hunting, as well as a person's social ties have a significant influence on attitudes towards hunting. Furthermore, negative attitudes towards hunting amongst the public are based on misconceptions regarding hunting. The perception that hunting is not an important part of wildlife management as well as the belief that hunting endangers wildlife are largely responsible for provoking negative attitudes towards hunting. Incorrect perceptions regarding hunting need to be addressed by educating the public about wildlife and the importance of hunting in the management of wildlife on game farms and privately owned land. The public also needs to be convinced that the primary motivation for hunting is based on wildlife management considerations and ecological concerns.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/31/1/EJC124644
2012-01-01
2019-08-23

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error