1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Navorsing oor voorgraadse wiskundeonderrig : 'n Suid-Afrikaanse perspektief : oorspronklike navorsing

Volume 31, Issue 1
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract

Navorsing oor voorgraadse wiskundeonderrig is 'n betreklik nuwe veld wat sy beslag minder as 20 jaar gelede in die Verenigde State van Amerika (VSA) gekry het, en onder die akroniem RUME (Research on Undergraduate Mathematics Education) bekend staan. In Suid-Afrika vorm die navorsers in hierdie veld 'n klein, maar sterk groepie wat sy ontstaan aan die Universiteit van Pretoria gehad het. In dié artikel word daar eerstens 'n kort oorsig oor die internasionale toename in belangstelling en aktiwiteite in hierdie navorsingsveld gegee. Tweedens word die navorsingveld vanuit 'n Suid-Afrikaanse perspektief beskou. Voorbeelde van navorsingsprojekte word bespreek, asook die beroepspad wat tot navorsing op die gebied lei. Ten slotte word plaaslike aktiwiteite en bestaande internasionale bande in oënskou geneem. Die doel van die artikel is om 'n Suid-Afrikaanse oorsig van die navorsingsveld en -aktiwiteite te bied in die hoop om navorsing oor hierdie belangrike en steeds uitbreiende veld te motiveer en te stimuleer.


Research on undergradute mathematics education is a relatively new field that originated less than 20 years ago in the United States of America (USA), and that is known under the acronymn RUME (Research in Undergraduate Mathematics Education). In South Africa researchers in this field form a small but strong group that originated at the University of Pretoria. In this article a brief overview is firstly given on the international increase in interest and activities in this research field. Secondly the research field is viewed from a South African perspective. Examples of research projects are discussed, as well as the career path that leads to research in this field. Finally local activities and existing international ties are considered. The aim of this article is to give a South African overview of the research field and activities, hoping to motivate and stimulate research in this important and growing field.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/31/1/EJC128712
2012-01-01
2019-08-26

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error