1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Privaat aftreeoorde in Suid-Afrika : riglyne vir welstand en volhoubaarheid op die lang termyn : oorspronklike navorsing

Volume 32, Issue 1
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173
USD

 

Abstract

Ongesubsidieerde privaat aftreeoorde in Suid-Afrika wat gedurende die afgelope drie dekades ontwikkel is, bied talle uitdagings aan die inwoners. Daar bestaan nie 'n algemeen erkende kennisbasis of riglyne om hierdie sensitiewe mark te bedien nie. Navorsing is gedoen om te bepaal welke aspekte die inwoners van aftreeoorde as bevredigend en welke as problematies ervaar. Hierdie navorsing het ook 'n literatuurstudie ingesluit. By wyse van gestruktureerde vraelyste, onderhoude en 'n seminaar is kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe data bekom. Die resultate wat betrekking het op agt oorde in die ooste van Pretoria, vier in Bloemfontein en twee op Knysna word gerapporteer, terwyl die studie steeds in ander sentra voortgesit word. Die kwantitatiewe data is in voorkeurvolgorde van die grootste groep (Pretoria) gedoen, met die ander groepe daarteenoor aangetoon. Die navorsingsmetodiek was dus gebaseer op die versameling van gekwantifiseerde en kwalitatiewe data, asook beskrywende evaluering. Die resultate bied insiggewende kennis en riglyne ter bepaling van 'n optimale profiel vir die ontwikkeling van privaat aftreeoorde wat volhoubare dienste kan lewer. Die implikasie en waarde van dié studie is dat beide ontwikkelaars van aftreeoorde en voornemende inwoners in staat gestel word om te kan evalueer of 'n bepaalde aftreeoord welstand op die lang termyn volhoubaar aan inwoners sal kan bied.


Unsubsidised private retirement resorts in South Africa developed during the last three decades present residents with many challenges. There is no existing generally accepted knowledge base or guidelines to serve this sensitive market. The research objective was to establish which elements are experienced by residents of retirement resorts as satisfactory and which as problematic. A literature study was also undertaken. Quantitative as well as qualitative data were obtained by means of structured questionnaires, interviews and a seminar. The results reported pertain to eight resorts in the east of Pretoria, four in Bloemfontein and two in Knysna. The study is currently being extended to other centres. The quantitative data is arranged in order of the priorities set by the biggest group (Pretoria), with the other groups in comparison. So the research was based on the sourcing of quantitative and qualitative data, as well as on descriptive evaluations. The results offer insightful knowledge and guidelines towards establishing an optimal profile for the development of long-term sustainable private retirement resorts. The implications and value of this study are that both developers of retirement resorts and prospective residents are provided with guidelines to better equip them to evaluate a specific retirement resort with regard to the sustainable wellbeing of residents long-term.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/32/1/EJC131459
2013-01-01
2019-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error