1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Korttermynbedreigings vir varswater-Mollusca in die Olifantsrivier en enkele sytakke : oorspronklike navorsing

Volume 32, Issue 1
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173
USD

 

Abstract

Die bewaringstatus van minder as 2% van die ongeveer 7000 molluskspesies bekend wêreldwyd, is tot dusver behoorlik geassesseer. Gevolglik is die algemene vlak van bedreiging vir molluske power gedokumenteer en hoogs waarskynlik onderskat. Varswatermolluske is permanente waterbewoners wat oor beperkte voortbewegingsvermoë beskik en aan 'n verskeidenheid van antropogeniese afvalstowwe blootgestel word omdat waterbronne dikwels as stortplek vir 'n groot verskeidenheid van nadelige besoedelstowwe gebruik word. Die Olifantsrivier word dikwels as een van die mees getransformeerde riviere in Suider-Afrika beskryf en word toenemend aan uitermate hoë druk onderwerp betreffende natuurlike hulpbronne en die geassosieerde landelike versteurings, asook besoedeling. Omdat min inligting oor die diversiteit van Mollusca in die Olifantsrivier op rekord is, is in die huidige studie vier opnames tydens twee opeenvolgende jare gemaak van die molluske in die Olifantsrivier en geselekteerde sytakke by onderskeidelik drie lokaliteite op die Hoëveld en vier in die Laeveld. Die pH en elektriese geleidingsvermoë van die water is by elk van die lokaliteite bepaal en het gewissel tussen 6.93 en 9.50, en 110 µS en 1336 µS, vir pH en geleidingsvermoë onderskeidelik. 'n Totaal van 25 molluskspesies is tydens die vier opnames versamel wat die eksotiese indringerspesies en insluit. Laasgenoemde spesie het verreweg die grootste getal eksemplare in totaal opgelewer, hoofsaaklik by 'n lokaliteit wat as grootliks getransformeerd beskryf kan word. Die resultate van hierdie ondersoek kan as basis vir toekomstige opnames dien om die impak van antropogeniese versteurings op die diversiteit van die Mollusca in die Olifantsrivier- en opvanggebied te evalueer.


The conservation status of less than 2% of the more or less 7000 mollusk species known worldwide have been properly assessed. Consequently the general level of imperilment is poorly documented and almost certainly underestimated. Freshwater mollusks live permanently in water, have limited means of movement and are exposed to a variety of anthropogenic waste products due to the fact that waterbodies often act as sinks for a large array of harmful pollutants. The Olifants River is often described as one of the most polluted rivers in Southern Africa and is progressively subjected to extremely high pressure with regard to natural resources and associated rural transformation and pollution. Little is on record regarding the diversity of the Mollusca in the Olifants River; therefore, in the present study, four surveys of the molluscs were conducted in this river and selected tributaries during two consecutive years at three localities situated on the Highveld and four localities situated in the Lowveld respectively. The pH and electric conductivity of the water were determined during each survey at each one of the localities and values ranged from 6.93 to 9.50, and 110 µS to 1336 µS, for pH and conductivity respectively. A total of 25 mollusk species were collected during the four surveys which included the exotic invader species and . The latter species yielded the highest number of specimens by far, mainly at a locality which could be described as largely transformed. The results of this investigation can serve as a point of departure for future surveys to evaluate the impact of anthropogenic disturbances on the mollusc diversity in the Olifants River and catchment.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/32/1/EJC137670
2013-01-01
2019-08-23

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error