1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Stuifmeelmorfologie van Vosa : 'n vergelykende palinologiese studie van die Alliaceae in Suider-Afrika : oorspronklike navorsing

Volume 32, Issue 1
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173
USD

 

Abstract

Die Suider-Afrikaanse Alliaceae Borkh. word verteenwoordig deur vier genera ( L., Kunth, L. en Vosa) en 28 spesies. Die stuifmeelmorfologie van die bedreigde monotipiese genus is onbekend en nog nooit gedokumenteer nie. 'n Vergelykende studie van die stuifmeelmorfologie van Vosa, Kunth, P.Beauv. en Harv. word in hierdie artikel aangebied. Stuifmeel is met behulp van skandeerelektron- en ligmikroskopie ondersoek. Die stuifmeelmorfologie van die spesies is perprolaat en monosulkaat, en die oppervlakskulptuur is geretikuleer en heterobrogaat. se stuifmeel vertoon egter 'n unieke eienskap, aangesien die korrels in die breedte vou sodat die verste punte bymekaarkom en die korrels dus driehoeking en disulkaat vertoon. Hierdie vouing kan moontlik toegeskryf word aan die proses van harmomegatie, of 'n nog onbekende gebeurtenis wat tydens die ontwikkeling van die stuifmeelkorrel plaasvind. Die verskynsel sal egter verder ondersoek moet word om die oorsaak van die vouing te bepaal en vas te stel of dit 'n unieke taksonomiese kenmerk is wat tot die genus beperk is en om te bepaal of dit, wat die Alliaceae betref, van evolusionêre belang is.


The Southern African Alliaceae Borkh. is represented by four genera ( L., Kunth, L. and Vosa) and 28 species. The pollen morphology of the endangered monotypic genus has not been described before. A comparative study of the pollen morphology of Vosa, Kunth, P.Beauv. and Harv. is presented in this article. Scanning electron microscopy, as well as light microscopy, were used to examine the pollen. The pollen morphology of the species can be described as perprolate and monosulcate, and the surface sculpture as reticulate and heterobrochate. However, the pollen of displays a unique characteristic as the grains are folded in their breadth with the tips touching, hence causing the grain to display a triangular and disulcate appearance. It might be possible to ascribe this fold to the process of harmomegathy or a still unknown event that occurs during the development of the pollen grain. This phenomenon should be further investigated to determine the cause of folding and whether it is a unique taxonomic characteristic of this genus, and if it could be of evolutionary significance for the Alliaceae.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/32/1/EJC140787
2013-01-01
2019-08-22

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error