1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Bakteriële populasieprofiele vanaf diesel verkry by vulstasies : original research

Volume 35 Number 1
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173
USD

 

Abstract

Mikrobiese groei kan plaasvind in opgebergde dieselbrandstof. Hierdie groei kan die latere benutting van die brandstof in voertuie en noodkragopwekkers beïnvloed deurdat dit brandstoffilters verstop. Verder kan 'n mutualistiese mikrobegemeenskap ontwikkel wat polisikliese aromatiese koolwaterstowwe (PAK) kan afbreek tot voordeel van mekaar. Dié projek se doelstelling was om die bakteriëlle gemeenskapsprofiel van gestoorde diesel te bepaal deur gebruik te maak van tegnieke wat beide die kweekbare en nie-kweekbare fraksies van die populasie bestudeer. Bakterieë en totale DNS is geïsoleer vanaf diesel en bestudeer deur gebruik te maak van denatureringsgradiënt jelelektroforese (DGGE) van die 16S ribosomale DNS (rDNS). Ses bakteriële stamme, afkomstig uit twee verskillende genera (verwant aan Bacillus en Lysinibacillus), is geïsoleer en kon as suiwer kulture groei met diesel as die enigste koolstofbron. Die DGGE-profiele het aangedui dat daar 'n verdere agt genera in die diesel voorkom. Beide die tegnieke het bakterieë geïdentifiseer wat verwant is aan Bacillus pumilus. Bacillus pumilus was die mees dominante spesie (50%) wat vanaf die kweekbare fraksie geïsoleer is. Die isolering van bakterieë wat voorkom in kommersieel verkrygde diesel kangebruik word om die graad van diesel afbraak tydens die berging daarvan te bepaal. Dit kan ook verder gebruik word om bioremediëring van diesel besoedeling te bewerkstellig.

Microbial growth develops in stored diesel fuel. This can influence later use in emergency backup generators and vehicles through the clogging of fuel filters by the development of biomass. A mutualistic microbial community can develop in stored fuel products that degrade polycyclic aromatic hydrocarbons to the benefit of one another. This project aimed to study the bacterial community profile of diesel obtained from commercial fuel stations using culture dependent and independent methods. Bacteria and total DNA were isolated from the diesel and the community was studied using denaturing gradient gel electrophoresis of the 16S rDNA region. This resulted in the isolation of six bacterial species from two different genera (related to Bacillus and Lysinibacillus) that could grow in pure culture with diesel as carbon source. The denaturing gradient gel electrophoresis analysis indicated the occurrence of an additional eight genera in the sampled diesel. Both methods identified bacteria related to Bacillus pumilus occurring in the samples. Bacillus pumilus was the predominant species (50%) isolated from diesel samples using culture media. The identification of bacteria occurring in commercial diesel samples can be useful in determining the degree of degradation occurring during the storage of the product and also possible bioremediation agents in diesel fuels spills.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/aknat/35/1/EJC184910
2016-01-01
2020-07-07

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error