- Home
- A-Z Publications
- LiG
- Previous Issues
- Volume 10, Issue 1, 2015
LiG - Oct 2015
Oct 2015
-
Nico en Christi
'Ons kinders ... en ons ánder kinders'Author Conette Le RouxSource: LiG 10, pp 12 –15 (2015)More LessDie begaafde Panagio-egpaar bevind hulle deesdae op 'n plek in hulle lewe waar hulle op hulle gesin kan fokus. En op God. Maar daar sal altyd ook 'n plekkie wees vir kinders wat in nood verkeer.
-
As Afrikaans so sing ...
Author Annalise WiidSource: LiG 10, pp 16 –18 (2015)More LessHy is reeds meer as 40 jaar lank 'n geliefde musikant. 'n Troebadoer wat landwyd, wêreldwyd, optree. Hy het nie ryk geword nie. Hy is net hartstogtelik liefvir musiek, en die taal waarin hy dit maak.
-
'Ons skuil in God se skaduwee' : ons storie - rugby
Author Susan GoosenSource: LiG 10, pp 20 –22 (2015)More LessDit is vanjaar twintig jaar sedert die Springbokke vir die eerste keer die Rugbywêreldbeker verower het. Dit is ook nou vyf jaar sedert een van daardie jaar se legendes, Ruben Kruger, oorlede is. Sy vrou, Lize, vertel van die genadepad wat sy en haar dogters sedert sy dood geloop het.
-
"My man se rugbydae ..." : ons storie - rugby
Author Conette Le RouxSource: LiG 10 (2015)More LessIn die rugbywêreld loop Wêreldbekerkoors vandeesmaand baie hoog. Ook vir elke rugbyheld se eggenote. LiG het met twee vroue gesels wat alles hiervan weet.
-
Pienk passie vir kanker : ons storie - kanker
Author Conette Le RouxSource: LiG 10, pp 24 –26 (2015)More LessDie afgelope twee jaar verf die Pienk Bloeisels vir Kanker-vroue in Schweizer-Reneke hulle dorp pienk. Hierdie deernis vir kankerpasiënte en ywer vir dié saak vertel 'n mooi verhaal van gemeenskapsbetrokkenheid wat 'n verskil maak.
-
'Ons kind het kanker'
Author Conette Le RouxSource: LiG 10, pp 32 –35 (2015)More LessEnige kankerdiagnose is uiters traumaties. Indien dit boonop met 'n jong kind gebeur, is dit lewensveranderend vir 'n ganse familie. Die Pruissengesin in die Oos-Kaap het hulle verhaal aan LiG vertel.
-
Wie pas my kinders op?
Author Rene BadenhorstSource: LiG 10, pp 40 –43 (2015)More LessDie besluit is geneem: Jy moet terug werk toe. Maar om iemand te kies om jou kind te versorg, is vir baie ouers 'n vreesaanjaende gedagte. Wie kwalifiseer om daardie "tweede ma" vir jou kind te wees?
-
'Jy irriteer my'
Author Marius GreeffSource: LiG 10, pp 46 –48 (2015)More LessJy is 'n inskiklike, beleefde mens. Jy kom met almal goed oor die weg. Dit is net daardie één klein jakkalsie wat partykeer daarin slaag om jou wingerd te verniel. En soms is daar die ge-drup-drup-drup op jou eie dak ..
-
Blameer of bely - wat kies jy?
Author Rene BadenhorstSource: LiG 10, pp 52 –53 (2015)More LessDit is baie maklik om ál die skuld vir dit wat skeefloop voor jou huweliksmaat se deur te lê. En só groter skade as wat jy ooit kan dink aan jou maat, jou huwelik en aan jouself aanrig.
-
'Luister God ooit na my . . . ?' : jou hart - gebed
Author Stephan JoubertSource: LiG 10, pp 57 –48 (2015)More LessJy bid en bid en bid ... maar daar kom geen antwoord nie. Jy begin dink dat jou gebede nie verder as die plafon gaan nie. Waarom bly God stil as jy Hom nodig het?