1887

n South African Journal of Cultural History - "Treu Deutsch alle Wege!" - cultural identity and the "German" community of Philippi

Volume 22, Issue 2
  • ISSN : 1018-0745
USD

 

Abstract


In 'n tyd waarin die begrip identiteit 'n brandende kwessie op die Suid-Afrikaanse agenda is, terwyl gepoog word om die land se post-94-identiteit te herdefinieer in 'n veeltalige, multikulturele samelewing, kan dit verhelderend wees om te fokus op 'n spesifieke gemeenskap en sy pogings om 'n sekere identiteit te vestig. Ná 'n inleidende agtergrond van die gemeenskap, word die konsep van identiteit kortliks in die artikel bespreek en dan gefokus op die afstammelinge van die Duitse immigrante na Philippi op die Kaapse Vlakte, en spesifieke geleenthede waarin die binêre aard van hulle nasionale kulturele identiteit na vore kom. 'n Spesifiek Duitse identiteit het elke aspek van hulle lewe gevorm - van geloof tot skool, werk en ontspanning. Tog het hierdie immigrante hulleself as Suid-Afrikaners beskou. Die redes vir hierdie Duitse nasionalistiese identiteit word bespreek. Die artikel toon ook die onvermydelike invloed aan wat die Tweede Wêreldoorlog op die gemeenskap gehad het, en, as 'n gevolg, hoe die "grens"-identiteit van terselfdertyd Duits- en Suid-Afrikaans-wees, selfs versterk is.

At a time when the notion of identity seems to be a burning issue on the South African national agenda as attempts are made to redefine the country's post-94 identity in a multilingual and multicultural society, it might be of significance to focus on a specific community and its attempts to define its identity. Following an introductory background to the history of the community, this article briefly discusses the concept of identity, and then focuses on the descendants of the German immigrants to Philippi on the Cape Flats and on specific events in which the binary nature of their national identity came to the fore. A particular German identity infused every aspect of the community's life, from religion to school, work and recreation, yet these immigrants regarded themselves as being South Africans. The causes of this cultural identity are discussed. The article also touches on the inevitable influence the Second World War had on this community and, as a result, how the eventual "border" identity of being both German and South African, was forged even more strongly.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/22/2/EJC30728
2008-11-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error