1887

n South African Journal of Cultural History - From the Grand Tour to African adventure : haggard-inspired literary tourism

Volume 27, Issue 2
  • ISSN : 1018-0745
USD

 

Abstract


Hierdie artikel ondersoek die invloed van literatuur op toerismeneigings wat tot stand gebring is voor die middel-negentiende eeu en hoe hierdie gewoontes hulleself in besonder in daaropvolgende reise na Afrika en Suider-Afrika geopenbaar het. Literêre toerisme, 'n vorm van kultuurreis gebaseer op skrywers en literêre werke, sal in aanmerking geneem word as 'n vanselfsprekende uitdrukking van die literatuurtoerisme-verhouding. Met verwysing na verwikkelinge voortspruitend uit die Romantiek en Industriële Rewolusie, sal die kulturele proses om Afrika as 'n nuwe toerismebestemming te vestig, ondersoek word. Soos in die geval van vele ander Europees-gekoloniseerde streke, is die persepsies wat ontwikkel het tydens die era van die 'Grand Tour' omgeset na Afrika om te kulmineer in uitbeeldings en indrukke soos die 'donker kontinent', 'edel barbaar', 'jagtersparadys' en dies meer. Groot Zimbabwe, 'n gebied in Suider-Afrika wat vermoedelik as die agtergrond en inspirasie vir 'n aantal van H. Rider Haggard se verhale gedien het, sal gebruik word om te illustreer hoe hierdie historiese, literêre en toerisme-ontwikkelinge ineengeloop het om die indruk van 'n aanloklike toerismebestemming te skep.

This article explores the influence of literature on tourism trends cultivated prior to the mid-nineteenth century, and how these habits came to manifest themselves in subsequent travel to Africa and Southern Africa in particular. Literary tourism, as a form of cultural travel based on writers and literary works, will be considered as a patent expression of the literature-tourism relationship. With reference to developments stemming from the Romantic Movement and Industrial Revolution, the cultural process of establishing Africa as a new tourism destination will be investigated. As was the case in many other European-colonised regions, the perceptions that had evolved from the era of the Grand Tour were transposed to Africa, culminating in the portrayals and impressions of the 'dark continent', 'noble savage', 'hunter's paradise' and the like. Great Zimbabwe, a Southern African site believed to serve as the setting and inspiration for a number of H. Rider Haggard's literary works, will be used to illustrate how these historical, literary and tourism developments converged to form the impression of an alluring tourism destination.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/27/2/EJC148089
2013-11-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error